Vier karakters wat ons deur die jare leer ken het. ’n Karakter wat terug is in ’n poging om vrede met haar verlede te maak. Twee nuwe spanlede wat hulle by die eenheid aansluit. Reeksmoordenaars wat Byl en sy span tot die uiterste toets en een wat hulle telkens ontglip en al meer met makabere dade tart.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dit is wat op kykers wag in die vyfde seisoen van die immergewilde reeks Die Byl, wat vanaf Dinsdag 16 Januarie 2024 om 20:00 weer op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien sal wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Byl (Waldemar Schultz) geniet uiteindelik outonomie oor die eenheid, maar die nuwe lede in die span – en veral die sielkundige wat aangestel is om die span se psigiese welstand te monitor – maak dit nie aldag maklik nie.
Byl se steunpilare – Juan (Marvin-Lee Beukes), Nicki (Milan Murray) en Lena (Lika Berning) – is steeds daar, maar die sluipskutter Jo Verwey (Amalia Uys) konsulteer nou as wapendeskundige en help Byl en sy span waar sy kan.
Kaptein William Miller is die nuwe profileerder wat in Lena se plek aangestel word – stil en aantreklik, maar ongeërg oor sy voorkoms. Hy is uiters bekwaam en kan die sjarme aandraai wanneer dit nodig is, maar hy dra swaar aan ’n deel van sy verlede.
William kom uit ’n ryk familie en sy pa, ’n psigiater, het gehoop hy gaan in sy voetspore volg. Hy het egter forensiese profilering gekies en verder in Ierland studeer. Daar het hy met ’n Ierse vrou getrou, maar ná sy haar stryd teen depressie verloor het, het William na Suid-Afrika teruggekeer. Hy nader Byl wat dadelik sy potensiaal sien en hom in Lena se plek aanstel.
Tyrone Keogh, wat die rol van William speel, het jonk reeds in die vermaakbedryf begin werk en was in verskeie advertensies te sien voor hy ’n regisseur van musiekvideo’s en advertensies geword het. Sy pa is die akteur Danny Keogh en sy ma, Debbie, is ’n filmvervaardiger. Hy is bekend vir rolle in The Wild, Dominion, Black Sails en The Girl from St. Agnes.
Dr. Anton Fourie (Marcel van Heerden) is die nuwe patoloog wat by die span aansluit. Anton is ’n gesogte spesialis in sy veld. Hy en Dr. Fritz het mekaar goed geken, maar was jare lank in kompetisie om te wys wie die beste is. Anton, wat voorheen getroud was en pa van twee is, is ’n gesoute skaakspeler en waardige opponent vir Byl.
Ander spelers wat gereeld hul verskyning maak, is Ira Blanckenberg as die sielkundige dr. Mia Labuschagne, Jacques Bessenger as die joernalis Alex Kruger, en Anrich Herbst as kaptein Buks Botha.
Aan die produksiekant word hierdie seisoen van Die Byl deur ’n sterk span gedryf met ’n groep talentvolle vroue wat die leisels gehou het. Die reeks is deur Elmarie Botha, Berdene Burger, Lorraine Burger, Igna Botha en Tina Kruger geskryf met Elmarie as storiebeplanner en vervaardiger. Berdene is die oorhoofse reeksregisseur, maar Nina Swart en Liezl Spies was ook vir van die episodes in die regisseurstoel.
“Herman Binge en Leon Kruger het ’n enorme aandeel in die sukses van Die Byl gehad,” sê Elmarie. “Hulle afsterwe, beide in 2021, het ’n reuse-leemte gelaat. Dit het die kreatiewe en tegniese spanne gemotiveer om absoluut alles wat hulle het in die nuwe seisoen te sit. Mens wil glo dat hulle trots sou wees op wat ons verrig het.”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.