kategorieë: LeesOntspanning

Splinternuwe, gratis vervolgverhaal: Sjef Snoekie

Splinternuwe, gratis vervolgverhaal: Sjef Snoekie deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock/Franck-Boston

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjef Snoekie

Snoekie se liefdesverhaal het by ‘n gestopte oshart begin.

Haar Franse ouma se coeur de bœuf farci was haar liefdesoffer aan Werner op Valentynsdag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dit was ‘n bittere keerpunt in hul verhouding.

Sjef Snoekie het haar tasse gepak en op ‘n vliegtuig Frankryk toe geklim.

Ouma Lucille het vir haar ‘n internskap by ‘n familierestaurant in Parys gereël om haar gebroke hart te genees.

Alphonse, die hoofsjef, is onweerstaanbaar aantreklik, maar ook onbeheerbaar ongeskik, meen mollige Snoekie.

By Morceaux Savoureux (lekker happies) word meestal afval-geregte berei volgens ‘n ou Franse kookboek uit 1837.

Alphonse beproef Snoekie tot op die uiterste met sy ingewikkelde resepte, maar die Vrystaatse plaasmeisie laat haar nie afskrik nie.

Sy ontdek hoekom hierdie gesogte restaurant in Parys besig is om bankrot te speel en raak vasgevang in ou konflikte.

Sy verloor nie net haar molligheid van al die harde werk nie, maar ook haar hart … nog ‘n keer.

Sy vlug weer.

Dié keer terug Vrystaat toe.

Sal haar ouma se coeur de bœuf farci nog ‘n toets kan deurstaan?

Dis wat sy wonder toe sy maande na haar terugvlug voor die moderne gasstoof in die plaaskombuis staan.

Jy kan die volgende  50 episodes van hierdie smullekker vervolgverhaal deur Martie Swanepoel op ons webtuiste volg.

In elke episode kan jy saam met sjef Snoekie kook aan eksotiese lekkernye soos beespote, varkstertjies, hanekamme en skaappeertjies.

Miskien vind jy ook die pad na ‘n man se hart …

Splinternuwe, gratis vervolgverhaal: Sjef Snoekie. Foto; iStock

Lees solank die eerste hoofstukke

Hoofstuk 1: Hartsake

Hoofstuk 2: Hartsmense

Hoofstuk 3: Breek die brood

Terwyl jy vir die ander hoofstukke van Sjef Snoekie wag …

Lees solank Vlam, ook uit die pen van Martie Swanepoel!

Niekie Branders, oftewel Vlam, is ’n geharde misdaads- en oorlogjoernalis vir Mediahuis. Maar dan stel Pieta, haar redakteur, ’n opdrag voor waarvoor sy nie voorbereid is nie … Sy moet Duard Wayne, Hollywood-aksieheld, volg terwyl hy sy nuwe rolprent verfilm. En as daar iets is waarvan Niekie nie hou nie, is dit die glanswêreld en wannabe-soldate … Wat gaan gebeur wanneer die vurige Vlam in hierdie wêreld gedompel word van mislike aktrises, die aantreklike maar glibberige ou vlam Marco Momple en geheime uit mense na aan haar se verlede?

Klik hier om dit te lees

PLUS

Het jy geweet? Ons het die opwindendste voorlesings waarna jy GRATIS kan luister! Klik net op die pienk speelknoppie.

Dans met die rooi rok

In hierdie spanningsvolle vervolgverhaal stel Bettie Kemp jou voor aan Amelie du Raan. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ’n vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans …

Klik hier om te begin luister

Botox, Barbies en Bietse

In dié vervolgverhaal stel Elize Cawood jou voor aan Liesl Burger, ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Lag saam met haar, huil so ’n bietjie, en ontdek jou vrouwees …

Klik hier om te begin luister

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

19 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

20 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.