kategorieë: KalenderOntspanning

SPLASH! – The Water Circus by Silverstar Casino

SPLASH! – The Water Circus se Suid-Afrikaanse toer skop af by The Globe by Silverstar Casino in Krugersdorp vir ’n kort seisoen tussen 19 Augustus en 17 September voordat hulle tot nuwejaar deur die land sal toer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

SPLASH! – The Water Circus is ’n hedendaagse sirkus wat ’n verskeidenheid van sirkusgenres aanbied met ’n unieke visuele aspek. Die tradisionele toertjies lyk heeltemal anders wanneer hulle in – of bo-oor! – ’n 12m-diameter swembad uitgevoer word. Hiermee saam is ’n skitterende lig- en laserskou wat die indrukwekkende liggaamsbeheer van die vertoonkunstenaars tussen ’n reeks sproeifonteine uitlig. Die sirkus het ook ’n span gesinkroniseerde swemmers wat die gehore sal betower.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is geen diere betrokke by hierdie sirkus nie en dit wys slegs wat die menslike liggaam kan vermag in ’n spesiaal-vervaardigde swembad. Dit beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verdere inligting

SPLASH! – The Water Circus word opgevoer by The Globe by Silverstar Casino vanaf Saterdag 19 Augustus – Sondag 17 September.

Tye:

Donderdae en Vrydae om 20h00

Saterdae om 11h00, 15h00, en 19h00

en Sondae om 11h00 en 15h00

Kaartjies

Kaartjiepryse begin by R100 tot R375 en kan bespreek word deur Computicket by computicket.com of deur 0861 915 8000 te skakel.

Tydsduur

Die vertoning is 2 ure en 10 minute lank en sluit ’n 20-minute interval in.

Let wel!

Geen kinders onder 2 sal toegelaat word in die ouditorium nie, asook geen babas op skote nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

2 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

2 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

2 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

3 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

3 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.