1 x 400 g-blik heel tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
hand vol pietersielie, gekap
’n paar vars basiliekruidblare
sout en gemaalde swartpeper
Kluitjies
60 ml (¼ k) botter
300 g spinasie, deeglik gewas en
wit stingels verwyder
200 g ricottakaas
75 ml (¼ k + 1 e) koekmeel
2 eiers, liggies geklop
40 g parmesaan
gemaalde swartpeper en sout
raspertjie neutmuskaat
Instructions
Sous: Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en soteer die ui en knoffel tot goudbruin. Voeg die tamaties by en prut vir 10 min. Meng die pietersielie en basiliekruid deur. Geur na smaak en hou warm.
Kluitjies: Sny die spinasie in repies en dompel in ’n kastrol kokende water. Dreineer omtrent dadelik.
Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte en braai die spinasie daarin tot droog.
Roer die ricotta en koekmeel by. Meng die eiers en parmesaan by. Geur met swartpeper, sout en neut. Meng deeglik. Trek van die hitte af en rol in balletjies.
Maak ’n kastrol drie kwart vol water en laat prut die water. Kook die ricottakluitjies in sarsies tot hulle na bo dryf. Skep met ’n gaatjieslepel uit. Herhaal met die res.