Resep deur Rediscover Dairy
BESTANDELE:
- 2 hande vol baba spinasieblare
- 3/4 appel
- 2-cm stukkie vars gemmer
- 1/2 bevrore mango
- 200ml plein volroomjogurt
- geroosterde neute en sade, rosyne en ‘n blerts volroomjogurt en kaneel vir garnering
METODE:
Voeg die spinasieblare, appel, gemmer, bevrore mango en volroomjogurt in ‘n hoë-aangedrewe menger.
Meng al die bestandele tot mooi glad. Jy kan ‘n klein hoeveelheid water of melk byvoeg om dit net aan die gang te kry.
Gooi jou Gladde Jantjie in ‘n papbakkie en versier die bokant met enigiets waarvoor jy lus voel, soos byvoorbeeld geroosterde neute, sade en rosyne en ‘n blerts volroomjogurt.
Strooi dan ‘n bietjie kaneel oor vir ekstra oemf.
Voedingsinligting:
Nutriënte | Porsiegroote – 350g |
Proteïene | 19.5 g |
Sink | 2.77 mg |
Jodium | 135 mg |
Foliensuur | 92.6 µg |
Kalsium | 475 µg |