kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met Spilt Milk

Het jy enige raad vir jong, aspirante modeontwerpers?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die modewêreld is ’n harde en vinnige bedryf, maar dis baie belowend om elke dag jou droom uit te leef en te sien hoe jou ontwerpe ook opwinding en genot in ander se lewens meebring. Selfvertroue, deursettingsvermoë, perfeksionisme en geduld sal jou redding wees. Dit is ook belangrik om vrae te vra en nie bang te wees om foute te maak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat was jou loopbaan-hoogtepunte vir 2013?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Laasjaar was ’n wonderlike warrelwind van uitstallings en modevertonings. Ons was by die Design Indaba, Mercedes Benz Modeweek in Kaapstad asook in Mosambiek. Die modevertonings is baie spesiaal aangesien ons konsepsuele kledingstukke saam met couture en kommersiële reekse vertoon.

Wat was die inspirasie vir jou Lente/Somer14/15 versameling by die Mercedes Benz-modeweek?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die versameling is getiteld SUBMERGE. Dit is geïnspireer deur die see en onderwater-landskappe. Die pastel en neutrale kleure van die uitrustings laat jou dink aan die glinsterende binnekante van skulpe. Die paneellyne, teksture en silhouette is afkomstig van die teksture en lyne van koraalriwwe, annemone en sandpatrone wat vorm as gevolg van seestrome. Vloeiende materiale soos chiffon en satyn is gebruik vir beweging, vloei en om  die deursigtigheid van water te verteenwoordig.

Wat dink jy van die Wêreld Ontwerperstad-inisiatief en wat dit vir Kaapstad beteken? Neem jy deel hieraan?

Die WDC2014-inisiatief is ’n wonderlike platform vir die wêreld en die mense van Suid-Afrika. Dit laat ons met nuwe oë na Kaapstad en sy mense kyk. Ons het hope talent en top gehalte produkte wat in Kaapstad vervaardig word en bydra tot die land se ekonomie en sy mense se welsyn. Ek lei nie self ’n projek nie, maar ondersteun projekte soos die Oranjezicht City Farm, Ted X CPT, CTDN design dialogues en A night of 1000 drawings.

As jy 24 uur het om in Kaapstad te spandeer, waarmee sal jy jou besig hou?

’n Ideale dag in Kaapstad is saam met familie, die natuurskoon en lekker eet! Ontbyt in Kloofstraat word gevolg deur ’n avontuur op ’n Vespa met die wind in my hare en ’n glimlag op my gesig. Ons sal ry vanaf Kampsbaai na Llandudno tot by Houtbaai vir son, see en roomys. Van daar na Chapmans Peak vir ’n besoek aan die uitkykpunt waar ek sewe jaar gelede verloof geraak het. Ons vertrek dan na Scarborough en eindig in Kalkbaai met ’n lekker bord seekos. As daar ’n tydjie oor is sal ek die dag eindig met die sonsondergang op Seinheuwel en ’n lekker gesellige kuier saam met familie en vriende op ons stoep met die stad se liggies en geluide in die agtergrond!

Loer na nog van Spilt Milk se ontwerpe by spiltmilkcreations.yolasite.com
Volg Alma en Spilt Milk op Facebook en op Twitter by @spiltmilk_1

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

18 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

22 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

41 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.