kategorieë: Ontspanning

Spier stel weer sy gewilde wynmaker-aandetes bekend

Woorde en foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos elke geleentheid in hierdie gewilde kos-en-wyn geleentheid wat vanjaar volg, is dit in die historiese en elegante Kaaps-Hollandse herehuis gehou en gee dit gaste die geleentheid om die plaas se wyne en kos-aanbieding te ervaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die laaste goue strale van die dag het gaste ingewag, ‘n magiese toon vir die swierige funksie wat met ‘n glas Spier Cap Classique ingewy is. “Vanaand is die begin van ons reeks, maar dit is ook ‘n viering,” het Spier se handelsmerkbestuurder vir Suid-Afrika, Rowan Ellappen, ons ingelig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Spier se handelsmerkbestuurder vir Suid-Afrika, Rowan Ellappen

“Ons is opgewonde dat ons hotel tans gesluit is om ‘n hele nuwe baadjie te kry en sal volgende jaar teen Maart heropen; en, ons het ‘n nuwe geskenkwinkel – die Cowshed – op die plaas gevestig.”

Die fokus draai toe na die wyn. “Die afgelope tyd het Spier weer ‘n klomp toekennings ingepalm, onder andere die benoeming vir volhoubaarheid by die Drinks Green Business Awards,” vertel Rowan. “Ons wyne het ook uitstekende gevaar, met plaaslike en internasionale pryse vir omtrent elke druif variëteit en prysklas.

“Vanaand gaan ons ‘n aantal van hulle proe,” het hy bygevoeg toe hy ons nooi om te gaan aansit.

Die wynmaker-etes word in die herehuis se deftige eetsaal gehou, met ‘n maksimum van 22 gaste aan een lang tafel. Dit is bedek met ‘n wit tafeldoek, versier met kerse in elegante kersstaanders en potjies met fynbosblomme. Om ons in die vertrek is die bekende blou en wit van Delft-porselein en kunswerke.

Geregte word oor die kole gemaak in die historiese herehuis se kombuis.

Keldermeester Johan Jordaan is ons gasheer vanaand – ‘n taak wat hy deur die reeks met sy span wynmakers deel. Hy stel die wyne bekend, maar ook die spyskaart wat deur Spier se sjef, Hennie Nel, ontwerp is.

Elke ete bestaan uit ‘n reeks gange wat met spesiale Spier wyne gepasmaat word. Vanaand smul ons aan salm-gravadlax met lemmetjie roomkaas en Spier se Seaward Sauvignon Blanc; en, ‘n aartappel velouté en neut-espuma bedien met die 21 Gables Chenin Blanc.

Oor laasgenoemde wys Johan uit dat die wingerde in 1983 geplant is sê dat ons terroir se bydrae aan wyn nie genoeg vier nie. “Terroir word wel oorgebruik om ‘n wyn te kwantifiseer, maar dit gaan dieper as dit. Dit is die invloed van grond, mikroklimaat…”

Hy brei uit oor die wingerde wat in Durbanville geleë is, naby en onder die invloed van “’n oop oseaan, nie ‘n baai nie”.

“Dis ‘n baie spesiale area en is deel van die Koeberg streek, wat ‘n top-presteerderende landbou gebied – veral vir graan – is. Dit word droeland en volhoubaar geboer met noukeurige versorging.”

Die laaste drie geregte bestaan uit Farmer Angus vleise, bedien met Creative Block 3; gebraaide springbok en wilde sampioen-risotto met 21 Gables Pinotage; lamsboud en gebraaide groente met die 21 Gables Cabernet Sauvignon Blanc; en, appeltert en suurlemoen roomys met Spier se nuutste Prestige Cuvee cap classique.

Soos die smake-reis ontvou, val die ure weg. Met koffie besef ons dis tyd om te groet, maar ons keer graag terug. Gelukkig is daar nog ‘n hele reeks etes wat voorlê.

Op 7 Junie is daar ‘n dinee met die fokus op Magnum-maat wyne en hoe hierdie grootte wynveroudering bevorder.

Op 12 Julie word ‘n nuwe reeks met die dinee bekend gestel. Die tema vir die aand is wortels en hernuwing, met die fokus op wyn asook Spier-gebaseerde boer, Farmer Angus, en sy plaas-tot-tafel benadering.

Die kollig op 16 Augustus val op wynversnitte met die tema wat na die kreatiewe dis-dekonstruksie deur getrek word.

Die finale twee etes vir die jaar vind op 6 en 7 September plaas. Die spesiale geleentheid sal ‘n viering van Frans Smit, Spier se besturende direkteur wat voorheen keldermeester was, wees. Kaartjies is R750 pp en sluit ‘n vier-gang ete met wyn in.

Bespreek by www.spier.co.za.

Lees ook: Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

5 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

6 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.