kategorieë: Ontspanning

Spesiale wynmaker-etes met verouderde wyne gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gerhard kies van sy oudste en spesiaaliste oesjare uit die vinoteek en sjefs Mark Radnay en Moegamat Khan (Mo) maak uithalerkos daarby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjefs Mark Radnay en Moegamat Khan (Mo) doenig met die heerlike geregte in die kombuis by die kelder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gerhard het aan verskeie wynkklublede en ander wynliefhebbers vertel hoe opgewonde hy is om voortaan hierdie etes in hul pragtige nuwe proelokaal aan te bied. “Die gebou waarin julle vanaand sit, is ‘n historiese 1901 dinamietfabriek wat oorspronklik deur Cecil Rhodes gebou is.” Dit het onlangs ‘n baie moderne toevoeging binne die gebou se buitemure gekry.

Die kelder is ‘n historiese 1901 dinamietfabriek wat oorspronklik deur Cecil Rhodes gebou is.

Die kelder het nie sy eie wingerde nie, maar Gerhard werk met 14 verskillende plase regoor die Kaapse wynlande en kies die beste druiwe vir die wyne. Hy werk met Vinpro se wingerdboukundige-konsultant wat gedurende die groeiseisoen in dié wingerde ‘n ogie hou.

Die keldermeester en bestuurder, Gerhard Swart, staan by sjefs Mark Radnay en Moegamat Khan (Mo) wat uithalerkos maak om saam met ouer oesjare van Gerhard se wyne te bedien.

Al die wynkomponents wat hy maak, is sy “speserye” om die beste wyne te maak. Gerhard het verduidelik hy bring elke wingerdblok se unieke terroirs na vore. Elkeen kry sy eie gis, eie vate en eie verouderings regime.

Hy het gelag en gesê hy ry baie om by almal uit te kom en sy vrou kon dit beaam!

Met aankoms is snoephappies met die Da Luca Prosecco, wat ook deel van Accolade Wines – eienaar van Flagstone is – bedien.

Met aankoms is snoephappies met die Da Luca Prosecco, wat ook deel van Accolade Wines – eienaar van Flagstone is – bedien.

Sjef Mark het meer oor die ses gange van die maaltyd kom vertel en belowe gaste gaan goeie kos met “fantastiese wyne” geniet. Agter hom pryk al die trofees, bekers en sertifikate wat Flagstone sedert sy ontstaan in 2008 ingepalm het.

Die spyskaart vir die aand.

Gerhard het vanjaar se 26ste oesjaar agter die rug en is sedert 2007 deel van die Flagstone span. Hy het van Bonnievale wynkelder “teruggekom huis toe” omdat hy ‘n boorling van die Strand is. Nou geniet hy vroegoggend branderplankry voor hy sy dagtaak begin.

Flagstone se slagspreuk is “Trust Your Taste” en elke wyn se etiket is spesiaal en dra ‘n unieke storie. Gerhard sê dis belangrik dat wynliefhebbers hierdie slagspreuk volg en geniet wat hulle drink en hul instink vertrou. Elkeen se smaak is uniek.

Gaste het onder meer die Word of Mouth Viognier 2008 met garnaal Tom Yumsop met grenedella en kokosneut geniet, wat een van die eerste wyne was wat Gerhard by Flagstone versny het. Bruce Jack was toe nog eienaar en wynmaker. “Ek hou van ‘n vroulike Viognier. Dis ‘n elegante en parfuumagtige druif en hierdie is ‘n wonderlike voorbeeld: nie net van goeie veroudering nie, maar ook van goeie Viognier uitdrukking.”

Die Word of Mouth Viognier 2008 is met garnaal Tom Yumsop met grenedella en kokosneut geniet.

Die salm confit met wakame en vinkel-appelslaai is met die Treaty Tree Sauvignon Blanc en Semilon-versnit 2016 bedien. Die wyn het sy naam te danke aan die verdragsboom, ‘n 500 jaar oue wit melkhoutboom op Treatyweg in Woodstock, Kaapstad. Vrede is op 10 Januarie 1806 ná die Slag van Blaauwberg onder dié boom gesluit, wat die tweede Britse besetting van die Kaap begin het en gelei het tot die permanente vestiging van die Kaapkolonie as ‘n Britse besitting. Tot 1834 is slawe verkoop en veroordeeldes daaronder gehang.

Die salm confit met wakame en vinkel-appelslaai is met die Treaty Tree Sauvignon Blanc en Semilon-versnit 2016 bedien. Die wyn het sy naam te danke aan die verdragsboom, ‘n 500 jaar oue wit melkhoutboom op Treatyweg in Woodstock, Kaapstad.

“Flagstone is in die Kaapse hawe in ‘n ou depot – Suid-Afrika se eerste stedelike wynmakery – begin en daarom is daar soveel geskiedenis van die Kaapse middestad op ons etikette,” het hy vertel.

“In 2002 het ons produksie die ligging ontgroei en Flagstone het na ‘n ou dinamietfabriek in Somerset-Wes verhuis. Met dik mure en groot deure om toerusting in en uit te kry, het dit bewys dat dit ‘n ideale ligging is en al ons Flagstone-wyne word hier gemaak.

Die geroosterde eend met swartkersieglans is met die Dragon Tree 2012-versnit bedien. Die handelsmerk is hul grootste volume wyn en het ‘n kult-gevolg, vertel Gerhard trots.

Die geroosterde eend met swartkersieglans is met die Dragon Tree 2012-versnit bedien. Die handelsmerk is hul grootste volume wyn en het ‘n kult-gevolg, vertel Gerhard trots.

Flagstone het destyds hul wyne in tonnels in die Waterfront gestoor en bo-op een van die tonnels het ‘n Grootblaardrakeboom gegroei. Die 2012-oejaar is ‘n versnit van Shiraz, Pinotage, Cabernet Sauvignon en bekend as ‘n Kaapse versnit, wat beteken die grootste gedeelte moet Pinotage wees.

Die hoofgereg van gebraaide blesbok is met die Dark Horse Shiraz 2009 en Music Room Cabernet Sauvignon 2013 voorgesit. Gerhard het vertel dié wyn wat onder skroefdop is, wys ongelooflike veroudering. “Die probleem met kurk wat ‘n natuurlike produk is, is dat die wynmaker ongelukkig nooit by jou is jare later as jy die wyn oopmaak om te sê ongelukkig is dit nie hoe ek wou hê dit moet smaak nie. Maar met skroefdop is die wyn soos hy dit graag wou hê.”

Gerhard het twee groot wyne vir die hoofgereg gekies: die bekroonde Dark Horse Shiraz 2009 en Music Room Cabernet Sauvignon 2013.
Die hoofgereg van gebraaide blesbok.

Nagereg van ‘n dekadente sjokoladetert is met Pinotage geposjeerde pere en die Writer’s Block Pinotage 2009 gepasmaat. Flagstone het vier Pinotages in hul reeks en blink gereeld in die Absa Top 10 Pinotage-kompetisie uit.

Nagereg van ‘n dekadente sjokoladetert is met Pinotage geposjeerde pere en die Writer’s Block Pinotage 2009 gepasmaat.

Die volgende wynmaker-ete met Gerhard, is op Vrydag en Saterdag 28 en 29 Junie en Vrydag en Saterdag 5 en 6 Julie.

Flagstone neem ook deel aan die Somerset West Fringe Book-fees en gaan op 10 Augustus vier skrywers onthaal wat hul boeke gaan bespreek. Meer inligting is by www.flagstonewines.com beskikbaar.

Lees ook: Gaan kuier dié winter onder die grond

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

3 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

3 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

1 day Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

1 day Gelede

Red hierdie winter jou vel

Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte…

1 day Gelede

Die Mej. SA-werklikheidsprogram, ‘Crown Chasers’ keer vanaand terug

Kykers kan uitsien na 'n nuwe aanbieder, nuwe beoordelaars en 'n nuwe groep deelnemers wat…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.