Spesiale Kerstydfliek vir kykNET

kykNET (DStv-kanaal 144) maak die feestyd ekstra spesiaal met ‘Kind’, ‘n Kersfeesfliek wat op Saterdag 23 Desember 20:00 uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lenie en Marius, ’n ou getroude paartjie, se enigste seun en sy gesin gaan weg met vakansie en laat hulle op hul eie vir Kersfees. Hoe vier jy die feestyd as jy sonder kind of kraai sit? Jy neem die dorp op horings.

Die veteraanspelers Rika Sennett en André Stoltz is te sien as Lenie en Marius. Ook deel van die rolverdeling is Hannes Brümmer, Zonika de Vries, Monica Muller en Andreas Jordaan. Die draaiboek is deur Tharine Pienaar geskryf, en die regisseur is Gustav Gerdener.

Hoe sal jy Kind beskryf? Is dit ’n drama of ’n komedie of beide?

“Dis ’n fliek wat beslis die hele gesin se harte warm sal maak,” sê Gustav. “Dis ’n verhaal oor die herontdekking van liefde en om weer sin in die lewe te vind; oor versoening wat jou laat besef waar jy in jou lewe is en dat jy die beste daarvan moet maak; oor die waardering van die klein dingetjies en die strewe om alles voluit te ervaar.”

Gustav het die draaiboek soos enige ander draaiboek benader. “Jy moet getrou bly aan die storie, diep grawe en die ui laag vir laag skil en elke laaste bietjie sap uit hom kry. As regisseur moet jy besef die kamera is die oë van die kykers, en jy moet hulle lei na die boodskap in die hoop dat hulle nuwe insig in die lewe sal kry.”

Kind is in Johannesburg verfilm, en dit sluit wilde jaagtogte, danspassies in die natuur en laatnag-putt-putt in. “Maar wag, ek gee te veel weg. Mense sal moet kyk om hierdie avontuur te beleef,” sê Gustav.

Vir hom was dit ’n droom wat waar geword het om saam met sulke ervare akteurs te werk. “Dit neem slegs ’n woord en hulle verstaan wat jy as regisseur wil hê. Ek het geweldige respek vir hoe hulle die soms moeilike verfilmingsomstandighede hanteer het. Dit was ’n fees! En saam met hierdie tegniese span sal ek oorlog toe gaan.”

Hannes Brümmer en Monica Muller. (Foto: Verskaf)

“Ek dink die film is ’n pragtige, teer en onverwagse verkenning van oudword, familieverhoudings en die viering van Kersfees,” sê die vervaardiger, Danie Bester. “Rika en André, onder leiding van Gustav, neem ons op ’n intieme en persoonlike reis wat ek glo by kykers – oud en jonk – sal aanklank vind juis omdat dit so eerlik en opreg is.”

Lees ook: Dís wanneer Brendan Peyper se Op my eish!-soektog na liefde begin

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

3 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

3 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

3 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals

Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers…

3 days Gelede

Bob Martin ken troeteldiere

Ons help diere al sedert 1892 om langer, gelukkiger, gesonder lewens te leef.  Bob Martin…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.