Die luukse Rovos Rail is al sedert 1989 in werking. Die pragtige gerestoureerde trein neem gaste terug na ‘n tyd toe treinritte ‘n elegante en dekadente geleentheid was. Die klassieke hout-passasierswaens is ontwerp om 72 gaste in gemak te akkommodeer. Elkeen het ‘n en suite-badkamer en ander moderne fasiliteite wat reisigers kan verwag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gaste kan oor die pragtige Suid-Afrikaanse landskap uitkyk terwyl hulle vyfster-maaltye, bekroonde wyne en uitstekende diens geniet. Elke rit het spesiale uitstappies wat gaste toelaat om Suid-Afrika se ryk historiese en kulturele erfenis van nader te verken. Een hoogtepunt is ‘n besoek aan die Rovos Rail Stasie in Pretoria waar al die ritte begin of eindig. Die grasieuse koloniale treinstasie is die hoofkantoor vir die private spoorwegmaatskappy en is ‘n moet-sien vir stoomlokomotief-entoesiaste.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Bepalings en voorwaardes
Die aanbod is slegs geldig vanaf 1 April tot 30 September 2013 vir die gespesifiseerde eenrigtingreis vir twee mense wat ’n Deluxe Suite deel.
Die aanbod kan nie saam met enige ander spesiale aanbiedinge gebruik word nie.
Aanbod is slegs geldig vir bewoners van Suid-Afrika ouer as 18 en wat ’n Suid-Afrikaanse ID of paspoort besit.
Besprekings is noodsaaklik.
Die aanbod hang af van beskikbaarheid en sluit nie footjies, soeweniers van die geskenkwinkel en hotel- of vlugbesprekings in nie.
Rovos Rail se bepalings en voorwaardes geld, besoek www.rovos.com vir meer inligting.
Vir besprekings e-pos reservations@rovos.co.za of bel Pretoria 012 315 8242 of Kaapstad 021 421 4020.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.