½ rooi brandrissie in ringetjies gesny (opsioneel) vir opdiening.
Waatlemoensalsa
3 waatlemoenskywe, geskil en in blokkies gesny
¼ jalapeno-rissie
½ rooi-ui, geskil en fyngekap
’n klein handjie vol koljanderblare, gekap
Uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
Klaarbereide rotis vir opdiening
Instructions
Geur die vlerkies met sout en pak in ’n platterige glasbak.
Meng die res van die bestanddele behalwe die olyfolie en brandrissie in ’n mengbakkie en gooi oor die vlerkies in die bak. Vryf die vlerkies deeglik met die geurige jogurt in en laat vir 5 min. staan.
Verhit intussen die oond tot 200 ˚C. Pak die vlerkies op ’n bakplaat en sprinkel die olie oor. Rooster vir 25 min. tot goudkleurig en gaar.
Meng intussen al die bestanddele vir die waatlemoensalsa saam in ’n bakkie.
Haal die hoender uit die oond, strooi die brandrissie oor en sit voor met die waatlemoensalsa en die klaarbereide rotis.