Serves:Genoeg vir 6 as bygeregNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 g botterskorsie, geskil en in blokke gesny
4 klein borriepatats, geskrop en in dik ringe gesny
30 ml (2e) olyfolie
sout
1 ui, fyn gekap
30 ml (2 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
5 ml (1 t) vars gemmer, of sowat 10 cm vars gemmer, geskil en gerasper
5 ml (1 t) fyn gekapte brandrissie
5 ml (1 t) gemaalde komyn
5 ml (1 t) gemaalde koljander
2,5 ml (½ t) vinkelsaadjies
2,5 ml (½ t) borrie
500 ml (2 k) quinoa
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
100 g gevlokte amandels
Slaaisous
Meng die volgende bestanddele:
10 ml (2 t) heuning
10 ml (2 t) Dijon-mosterd
5 ml (1 t) gekapte knoffel
45 ml (3 e) suurlemoensap
125 ml (½ k) olyfolie
’n hand vol gekapte vars koljander
Instructions
Verhit die oond tot 200 °C.
1 Sit die gesnyde groente op ’n bakplaat, geur met sout en sprinkel olyfolie oor. Rooster vir 30 min. tot sag en goudkleurig. 2 Braai die ui oor matige hitte in die olyfolie. Voeg die knoffel, gemmer, brandrissie en speserye by die ui en braai vir nog ’n paar minute. 3 Voeg die quinoa en aftreksel by en kook vir 20 min. oor lae hitte, of tot al die vloeistof geabsorbeer is. 4 Pak die geroosterde groente op ’n mooi opdienbord. Meng die warm quinoa deur en sprinkel die slaaisous en amandels oor.