kategorieë: KosWinterkos

Spesery-lamsboud in ’n baksakkie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Spesery-lamsboud in ’n baksakkie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 2 kg lamsboud

Speserymengsel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • 20 ml heel koljandersaad
  • 20 ml heel komynsaad
  • 6 kardemompeule
  • 15 ml anyssaad
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 20 ml fyn gekapte knoffel
  • 20 ml vars gerasperde gemmer
  • 45 ml garam masala
  • 125 ml jogurt

Vir die bakslag

  • 1 middelslag-baksakkie
  • sout
  • 2 kaneelstokkies
  • 3 lourierblare
  • 10 vars kerrieblare
  • 45 ml warm water

Metode:

  1. Maak die speserye fyn met ’n elektriese maler, of in ’n stamper en vysel.
  2. Haal die doppies van die kardemomsade uit.
  3. Verhit die olie in ’n middelslagpan en braai die uie, knoffel en gemmer daarin tot sag en deurskynend. Gooi die speserye en garam masala by en braai vir 5 min.
  4. Sit die ui- en speserymengsel en die jogurt saam in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot dit ’n gladde pasta vorm.
  5. Vryf die pasta oral oor die lamsboud in en laat staan vir 3 uur of oornag.
  6. Verhit die oond tot 150 °C. Geur die vleis met sout en sit met die marinade in ’n baksakkie. Sit die kaneelstokkie, lourier- en kerrie-blare en water ook in die sakkie.
  7. Knoop die sakkie toe en sit op ’n groot, oondvaste bakplaat wat redelik diep is, want die pansouse kan dalk uit die sakkie lek.
  8. Bak vir omtrent 3 uur tot sag en gaar. Haal uit en haal uit die baksakkie (sny dit sommer met ’n skêr oop en lig uit).
  9. Sit met naanbrode en mangoslaai voor.

Mangoslaai

  1. Pak 1 mango, geskil en in skyfies gesny, 10 ml vars, gerasperde gemmer en 60 ml granaatpitte uit op ’n opdienbord.
  2. Meng 30 ml lemmetjiesap, 15 ml olyfolie, 5 ml sout en 10 ml heuning en gooi oor die slaai.
  3. Eindig met ’n klein handjie vol gemengde kruisement en koljanderblare.
Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.