Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Bak die aartappels vir ’n uur op ’n bakplaat tot sag en gaar.Spesery-aartappelskille met suurroom
Ingredients
Instructions
2 Sny die aartappels middeldeur en skep die warm vlees uit die skille. Hou die gaar aartappel om gnocchi mee te maak, of in sop te gebruik. Sit die skille terug op die bakplaat.
3 Sout Meng die seesoutvlokkies, paprika, rissie, tiemie en vinkel.
4 Sprinkel die olyfolie oor die aartappels en strooi die geurige sout en peper oor. Bak vir 10 min. by 200 °C of tot krakerig.
5 Skep die suurroom in ’n opdienbakkie en skep 15 ml (1 e) van die olie uit die oondpan en meng deur die suurroom. Sit met die warm aartappelskille voor.