Maak 500 mℓ
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die perfekte kombinasie van soet en sout! Sit die spek op bruschetta of op ’n kaasbord.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• 500g repiesspek, fyngekap
• 1 ui, fyngekap
• 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
• 125 ml sagte bruinsuiker
• 125 ml aangemaakte sterk koffie
• 60 ml esdoringstroop of heuning
Maak so:
1 Braai die spek in ’n pan tot bros en gaar. Skep uit en hou eenkant. Hou die olie in die pan.
2 Braai die ui en knoffel vir 5 min. in die spekolie.
3 Voeg die spek, bruin- suiker, koffie en esdoringstroop by.
4 Laat prut vir 20-25 min. of tot die konfyt blink en dik is.
Wat het ’n burger nodig om dit nóg lekkerder te maak? Spek natuurlik. Maak jou gunsteling-frikkadelle, draai in repies spek toe en braai soos gewoonlik. Smul!
Ja, jy kan spek karamelliseer. Dit maak dit net nóg beter.
Esdoringstroopspek
Verhit die oond tot 200 °C. Pak 8 spekrepies op ’n bakplaat en verf elk met esdoringstroop. Bak vir 7 min. Draai die spek om en verf weer met esdoringstroop. Bak vir nog 7 min. tot krakerig.
Sjerriekaramelspek
Verhit die oond tot 200 °C. Marineer 8 spekrepies vir ’n uur in 125 ml sjerrie. Verhit 125 ml bruinsuiker en 45 ml sjerrie in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos is. Kook vir 1 min. Pak die spekrepies op ’n bakplaat. Verf elk met die sjerriestroop. Bak vir 7 min. Draai die spek om en verf met nog sjerriestroop. Bak vir nog 7 min. of tot krakerig.
Whisky-karamelspek ( jy kan ook tequila gebruik!)
Volg die sjerriekaramel-resep, maar vervang die sjerrie deur whisky.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.