kategorieë: Dra dit soMode

Speel pasmaat met jou rok en skoene

Oorvou-rok

Hierdie rok se lengte en moutjies maak dit perfek vir werk en die snit is boonop vleiend. Vermy uiterse hoë hakke of te sexy bandjie-ontwerpe vir professionele instellings. ’n Lae tot matige lengte hak sal die ding doen. Hou dit eerder ’n bietjie meer konserwatief as uitspattig. Jy kan naweke die rokkie ook met sandale dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Swart nommertjie

Swart bly maar ’n staatmaker vir aandgeleenthede (ja, jy mag swart na ’n troue dra). Swart skoene is ook steeds die nommer-een-keuse by ’n swart uitrusting – onthou om alles van kop tot tone in dieselfde skakering van swart te hou. Vermy te dun of te hoë hakke vir troues – jy gaan lank op jou voete wees en heel moontlik op gras vertoef vir ’n gedeelte van die funksie. Kies hakke soos katjiehakies, of blokhakke vir ’n meer veelsydige opsie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oop skouers

Hou dit klassiek deur swart skoene by ’n gestreepte pakkie te dra. Bonkige modetekkies mag dalk te oordadig wees vir die lengte en snit van dié rokkie. Dra eerder aanglipskoene vir ’n gemaklike en moderne gevoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maksi-rok

Die lengte van dié maksi-rok bied jou die geleentheid om byna enige tipe skoen daarby te dra. Hou by ’n natuurlike kleurpalet of maak weer staat op swart by die rok met patrone.

Lospassend en uitklok

Skoene in ’n natuurlike kleur is die beste pasmaat vir ’n wit rokkie. Jy wil nie formele skoene by ’n somerrok dra nie. Indien jy korter bene het, vermy skoene met enkelbande of T-bande by ’n kort rokkie. Die band verdeel jou been en is geneig om jou bene dan nog korter te laat lyk.

Hemprok

Die lengte van dié rok laat jou toe om ’n skoen met ’n enkelband of tekkies te dra. Die klein deeltjie van jou been wat uitsteek, sal steeds mooi lyk met ’n enkelband en tekkies is ook nie te oorweldigend nie. Vermy ’n streng kleurooreensteming tussen jou skoene en die rok met patrone, tensy die kleur ’n natuurlike kleur is.

Dun bandjies

Die dun bandjies van die rok is baie informeel en perfek vir die strand. Oorweeg eerste ’n skoen sonder ’n enkelband omdat die band nie alle enkels komplementeer nie. Kies skoenkleure wat met jou rok ooreenstem en dra eenvoudige swart skoene wanneer jou rok baie helder patrone bevat.

Midi-rok

Dié rok se kleur en snit het ’n boheemse gevoel. Hou die skoene ook informeel en in natuurlike kleure. Die lengte van die rok laat ook toe dat jy ’n skoen met ’n enkelband kan dra, maar tekkies is te bonkig vir hierdie rok.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.