kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Speel met vetplante

Wat is vetplante?

Plante wat hou van min water (droogtebestande plante) het meestal wollerige of leeragtige of vlesige blare en is dikwels met ’n waslagie of hare bedek. Andersins is die blare baie klein of naaldagtig of leeragtig of het ’n donkergroen bokant en silwerige of grys onderkant. Dikwels is die blare in geheel sommer grys van kleur om die skerp sonlig te weerkaats.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En daar is ook vetplante, of sukkulente soos hulle genoem word, wat hul water op groot skaal in hul wortels, stamme en/of blare stoor. Vandaar hul naam, maar hulle het dikwels ook van die ander eienskappe wat ander droogtebestande plante het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vetplante groei uitstekend in enige houer solank hulle goed dreineer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik vetplante as snyblomme vir versiering

1 Rose, proteas, fynbos, rooi sigaretbos, aspersievaring met vetplante se blare (plakkies), takkies (vygielote) en bloeiwyses (woestynrose) maak ’n pragtige blommerangskikking.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 ’n Enkele aalwyntak in ’n eenvoudige glasfles in ’n houtkissie wat uitgevoer is met kunsmos en teen die donker steenkoolkleurmuur gemonteer is, laat die muur behoorlik lewe kry.

3 Gebruik twee soortgelyke flesse met aalwyntakke op ’n houtbankie in dieselfde kleur as die muur wanneer die blomme skaars is. Dit werk net so goed  om ’n vars gevoel te skep teen dieselfde muur.

4 ’n Houtleer wat aanmekaar gesit is met verweerde houtpale en geroeste spykers vir ’n verdere verweerde voorkoms met glasbotteltjies wat daaraan hang, is ’n vinnige manier om gou die badkamer op te kikker wanneer gaste kom kuier.

5 Kyk hoe mooi kombineer die donkerblou salieblomme met die aalwyntakkies in botteltjies wat aan sisal-tou hang om aan te sluit by die aardse voorkoms van die leer.

Skep atmosfeer met vetplante op spesiale plekke

1 In ’n masseerhoekie of in die slaapkamer kan jy vinnig ’n romantiese gevoel skep met ’n skulpietuin met vetplantjies in skulpe geplant en afgewerk met mos. ’n Paar kerse en lekkerruik stokkies prikkel verder  die sintuie. ’n Dwerg kokedama (Japanese mosbal) met ’n klein plakkieplant in ’n himmeli gemonteer gee die hoekie verder ’n  dromerige effek. Himmeli van Elsje Designs, Stellenbosch beskikbaar by Milieu, Ryneveldstraat, Stellenbosch.

2 ’n Groot plat bak vol mos met ’n grys plakkie daarin en ’n langwerpige metaalhouer met ’n glasie vir tandeborsels en ’n donkergrys woestynrosie versier die marmerblad by die buitestort. ’n Speelse katjie rond die prentjie mooi af.

As spasie min raak, gaan op …

1 ’n Tuinmuur word ’n groen paneel met ’n vertikale tuin. Versier dit met speelse rame.

2 ’n Prenteraam word ’n lewendige skildery met die miniatuur vertikale tuintjie met vetplante – sommige wat plat groei en ander wat rank.

3 Potjies wat aan ’n staalraam haak met Crassula spatulata wat oor die rande van die potte hang, versag hierdie muur baie doeltreffend.

4 Die potjies met vetplante en grasse gekombineer en die twee klei duifies gee die rak ’n bietjie lewe.

5 Vetplantsteggies in uitgeholde kurkproppe as yskasmagnete is die ideale geskenk vir iemand wat alles het maar van plante hou. Later kan sy dit net in die tuin of in ’n pot uitplant.

Interessante houers vir interessante hoekies

1 Vang die skoonheid van vetplante vas in ’n kou en hou dit daar om die gesprek aan die gang te kry.

2 ’n Ou blikskottel op ’n geroeste draad-tuinstoel is sommer ’n tuintjie op sy eie. En dan het vetplante nie eens veel water nodig nie!

3 ’n Uitgeholde houtstomp lyk amper soos ’n mandjie – ’n mandjie vol pragtige vetplante.

4 ’n Aalwyn in ’n silwer pot voor ’n ou spieël by The Flower Cottage. Pragtig, né!

5 Blikbeker met echeveria wat uit die stoep se dak hang by Aspidistra Tuinsentrum.

6 Gevlegde gegalvaniseerde staal plaathouer met aalwyn voor verweerde plank muur – ideaal op ’n oprit of as fokuspunt vir jou tuin.

7 Ou koperbak met mengsel van vetplante maak ’n pragtige tafelsiering binne en buite.

8 ’n Ou staal-trammel met vetplante en ander droogtebestanmde plante (met ’n ander tekstuur) vorm ’n pragtige fokuspunt op die verweerde houtbankie.

Interessante gebruik vir doodgewone houers

Vetplante op die agtergrond

1 & 2 Tuinornamente in bakke vol vetplante wat in hierdie geval op die agtergrond is.

Lees ook: Beskerm jou plante teen ryp

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: tuineplante

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

56 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.