kategorieë: Nuut & NouKos

SPAR Steak Co. – (bief)stukke beter!

SPAR Steak Co. – (bief)stukke beter!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

SPAR Steak Co. is trots daarop dat hulle slegs die beste snitte vir jou bied perfek verouder en deur kenners uitgesoek. Die klas A-vleis word van een van die beste plase verkry om te verseker dat SPAR Steak Co. biefstukke, stukke beter as ander soortgelyke vleis is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van waar, Gehasi?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

By SPAR besef ons dat verbruikers meer as ooit wil weet waar hulle voedsel vandaan kom.  Dit is hoekom ons weet dat hulle sal hou van die manier waarop die vleis van SPAR Steak Co. se oorsprong nagespeur kan word. Nie net kan die vleis se oorsprong nagespeur word nie, maar kom dit ook vanaf ’n gesertifiseerde plaas wat gereeld geoudit word om te verseker dat elke biefstuk perfek is.

’n Reeks uitgesoekte snitte

Die uitsonderlike reeks van 10 uitgesoekte snitte sluit al jou gunsteling biefstuksnitte in, byvoorbeeld die filet, kruisskyf en T-beenskyf. Die vleis word sentraal verpak en vakuumverseël om varsheid en gehalte te verseker – direk van die plaas na jou. Dus, of jy van jou verouderde biefstuk halfrou of mediumgaar hou, weet jy dat elke happie absoluut smaaklik sal wees.

Wat maak SPAR STEAK CO. se biefstukke so uitsonderlik?

  • Klas A verouderde beesvleis
  • Deur kenners uitgekies
  • Vanaf ’n gesertifiseerde en geouditeerde verskaffer
  • ’n Reeks van 10 uitgesoekte snitte
  • Sentraal verpak
  • Vakuumverseël om varsheid en gehalte te verseker
  • Vanaf die plaas na jou

Uitstekende gesondheid, uitstekende gehalte

Ons SPAR Steak Co.-verskaffer weet dat net die beste goed genoeg is. Hulle is trots op hulle diere wat grootgemaak word met presiese voedingsroetines om uitstekende gesondheid te verseker en wat, op sy beurt, konsekwente gehalte en geur lewer.

Perfek verouder

Die SPAR Steak Co.-vleis word perfek verouder om die beste geur en sagste vleis te verseker wanneer dit jou bereik.

Al wat jy nou hoef te doen is om jou eie, uitmuntende kookvernuf by te voeg en voilà!

Eksklusief beskikbaar by uitgesoekte SPAR-winkels. Klik hier om meer uit te vind.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

13 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

13 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

14 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

16 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

17 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.