kategorieë: KalenderOntspanning

SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM

SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM is die hoogtepunt van Gauteng se feestydkalender. Vanjaar word twee feeskonserte gehou: Op 8 Desember by die St. Stithians College in Johannesburg en op 11 Desember op Loftus Versveld in Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Johannesburg gaan kunstenaars soos Connell Cruise, Craig Lucas, Paxton, Swing City, Claire Johnston, Rubber Duc, Roan Ash en die Ndlovu Youth Choir optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In Pretoria sal jy Jo Black, Karen Zoid, Kurt Darren, Charlize Berg, Nadine en Nianell, Swing City en die Ndlovu Youth Choir in aksie sien.

Jacaranda FM sal albei geleenthede regstreeks uitsaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

SPAR sal vermaak vir die kinders verskaf met springkastele, gesigverf, speletjies, kunsvaardigheid, rolprente en vele meer.

Toegang is gratis, maar konsertgangers word gevra om ’n speelding te bring, wat aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Kerse sal verkoop word teen R30, en liedjieboeke teen R10, en ‘n bondeltransaksie vir ‘n liedboek en ‘n kers is R35. Alle winste gaan na Jacaranda FM se Good Morning Angels.

Hekke open by albei geleenthede om 16:00 en die program skop amptelik af om 19:00 en duur tot 21:00.

Lees ook: Kersmarkte wat jy hierdie jaar moet bywoon

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

12 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

3 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

3 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.