• 2 klein spanspekke, middeldeur gesny en pitte uitgehaal
• 400 ml dubbeldik-volroomjogurt
• 1 pomelo, geskil en in ringe gesny
• 1 lemoen, geskil en in ringe gesny
• 60 ml (¼ k) droë klappervlokkies
• vars kruisementblaartjies vir opdiening
Instructions
Gesoute botter-en-heuning-granola
1 Voorverhit die oond tot 150 °C. 2 Gooi al die droë bestanddele in ’n groot mengbak en meng goed deur. 3 Verhit die heuning en botter oor matige hitte in ’n middel-slagkastrol. Roer tot die botter gesmelt is en die mengsel bymekaarkom. 4 Meng die warm mengsel en die droë bestanddele baie goed deur. Bak vir sowat 25-30 min. 5 Laat afkoel en breek in stukkies.
Spanspekbakkies
1 Hol die halwe spanspekke effens uit en skep die jogurt en granola daarin. 2 Tooi met die vrugte, klappervlokkies en vars kruisement.