Resep deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek
Spanspek-ontbytbakkies met tuisgemaakte granola
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Gesoute botter-en-heuning-granola
- Sowat 1 kg granola
- • 240 g (2 k) growwe hawermout
- • 240 g (2 k) fyn hawermout
- • 100 g (3⁄4 k) gevlokte amandels
- • 100 g (3⁄4 k) pekanneute
- • 100 g (3⁄4 k) pampoensaad
- • 100 g (3⁄4 k) sonneblomsaad
- • 40 g (¼ k) sesamsaadjies
- • 400 g (1 k) heuning
- • 250 g (1 k) botter, gesmelt
- Spanspekbakkies
- • 2 klein spanspekke, middeldeur gesny en pitte uitgehaal
- • 400 ml dubbeldik-volroomjogurt
- • 1 pomelo, geskil en in ringe gesny
- • 1 lemoen, geskil en in ringe gesny
- • 60 ml (¼ k) droë klappervlokkies
- • vars kruisementblaartjies vir opdiening
Instructions
Gesoute botter-en-heuning-granola
1 Voorverhit die oond tot 150 °C.
2 Gooi al die droë bestanddele in ’n groot mengbak en meng goed deur.
3 Verhit die heuning en botter oor matige hitte in ’n middel-slagkastrol. Roer tot die botter gesmelt is en die mengsel bymekaarkom.
4 Meng die warm mengsel en die droë bestanddele baie goed deur. Bak vir sowat 25-30 min.
5 Laat afkoel en breek in stukkies.
Spanspekbakkies
1 Hol die halwe spanspekke effens uit en skep die jogurt en granola daarin.
2 Tooi met die vrugte, klappervlokkies en vars kruisement.
Catherine Schenck
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025