kategorieë: Reis

Span uit langs rustige waters

Die rustige omgewing langs die Breederivier in die skaduwee van die Langeberge bied die perfekte plek waar jy ’n formele of informele funksie kan aanbied. Die Stroom, geleë in Bontebok Nasionale Park, is ideaal vir enige funksie, insluitend verjaardae en troues.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dagbesoekers kan in die park kom piekniek hou. Daar is ’n braaiarea met ’n ingeboude braai, kombuis en ablusiegeriewe wat voorsiening maak vir 50 mense. Daar is sitplek vir 30 mense op die dek, maar bykomende staaltafels en -stoele is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met breekware, eetgerei, ’n stoof, ’n mikrogolfoond asook ’n yskas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die dek- en braai-area in die park kan sonder enige bykomende toerusting teen R210 gehuur word. As ’n funksie ná hek-ure voortduur, is ’n bedrag van R520 betaalbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die tweede alternatief behels die huur van die hele plek met die gebruik van die kombuis met breekware en eetgerei vir 40 mense. Tydens hek-ure is die fasiliteit beskikbaar teen R420, maar R740 word gehef as jou funksie later aanhou. ’n Breekskade-deposito van R400 moet betaal word.

Die bewaringsfooi is op gaste van toepassing en die lokaal kan nie na 21:30 gebruik word nie. Harde musiek mag nie gespeel word nie en al die parkreëls geld vir gaste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met ruim grasoewers en ’n uitsig oor die magtige Breede-rivier is dit die ideale plek om saam met vriende te gaan ontspan. Besoekers kan visvang (onthou jou visvang-permit), of met ’n kano of kajak die water geniet.

Parkure in die wintermaande (Mei tot September) is van 7:00-18:00 terwyl hekke oop bly tot 19:00 in die somermaande (Oktober-April).

Navrae: Park-ontvangs by +27-28-514-2735 of e-pos bontebok@sanparks.orgCelebrations.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 minutes Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

48 minutes Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

7 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.