Met vandag se waterbeperkings en ’n groeiende populasie moet Suid-Afrikaners hul leefstyl en watergebruik aanpas. So ook moet allerlei produkte ook aangepas word om by dié nuwe leefwyse tred te hou.
Die Sunlight 2-in-1 waspoeier is een van die produkte wat geherformuleer is om die uitdaging van waterbeperkings te oorkom. Dié waspoeier is met Sunlight se “Easy Rinse”-tegnologie vervaardig, sodat een, 2kg-sak van dié waspoeier jou 160 liter op jou wassiklusse sal spaar , terwyl jou wasgoed steeds net so skoon en vars bly.
Het jy geweet dat 22 Maart, Wêreld Water Dag is? Om dié dag te vier het Sunlight 2-in-1 die veldtog, #watersmartnation, geloods. Wees op die uitkyk vir Sunlight-verteenwoordigers wat jou area sal besoek om hul kennis en raad oor waterbesparing te deel.
Besoek sunlightwaterpledge.co.za as jy ’n bydrae wil lewer, of deel jou raad op die Sunlight Facebook- en Twitter-rekeninge met die hutsmerk, #watersmartnation.
Saam kan ons Suid-Afrika help om water te spaar.
16 lesers kan elk ’n Sunlight-geskenkpak van R225, WEN! Elke geskenkpak bevat ’n emmer, T-hemp, 2 x 2k Sunlight 2-in-1 waspoeier, ’n stort-horlosie en handreiniger.
Kompetisie sluit: 26 Maart.
[gravityform id=”360″ title=”false” description=”false”]