Deur: Corné Greeff. Hooffoto: Pexels
Ja, jy het reg gelees: met ’n lappie wat grimering verwyder en net ’n paar eenvoudige stappe kan jy geld en tyd spaar! Al wat jy nodig het is bietjie water en hierdie lappie – wat meer as net ’n waslappie is.
Stap 1:
Maak seker jou lappie is behoorlik nat; gebruik warm water.
Stap 2:
Vee dan jou grimering saggies af (die lappie sal sommer jou gesig afskilfer ook).
Stap 3:
Spoel die lappie goed uit en laat dit droog word.
Stap 4:

Foto: Pexels
Gooi dit een keer per week in die wasmasjien om dit skoon te hou.
Sien, dis so maklik soos 1-2-3!
Probeer die volgende produkte:

Delete Makeup Remover (R149, beskikbaar by Takealot.com)

GLOV Makeup remover (R190 tot R350, beskikbaar by Takealot.com)

Make-up Eraser (R265, beskikbaar by makeuperaser.co.za)