kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Spaar geld op vakansie

Deur Anet Schoeman. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is uiteindelik verby – die baie lang en platsak Januarie en Februarie waar jy klippe gekou het om jou begroting te laat klop na jou effens oordadige feestyduitgawes. Boonop moes ouers ook diep spit om skoolgelde en uitgawes vir universiteit en ander opleidingsopsies te befonds.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nou is die eerste vakansie voor die deur en jy voel lus om die leisels so effens skiet te gee. Of hoe?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ligloop vir die onbeplande uitgawes van vakansies,” sê Taryn Schmidt van Wonga South Africa, ’n maatskappy wat korttermynlenings aanbied. Sy sê mense besef nie dat hulle soms meer geld kan spandeer as hulle met Jan Tuisbly se karretjie ry nie. “Dit is baie moontlik om binne 24 uur meer geld by die huis te spandeer op spesiale vakansievergunnings soos aktiwiteite, kos en fliek teenoor dieselfde tyd wat jy in ’n vakansiehuis by die see deurbring en die dag by die huis bly. En dan wonder mense wat het skeef geloop as hul begroting teen die einde van die maand nie wil klop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar kan jy spaar?

Webwerwe soos Airbnb maak dit vir gesinne of groepe vriende moontlik om verblyf teen billike pryse te bekom. Dit gee jou ook die opsie om jou eie kos te maak teenoor peperduur etes in ’n hotel. Dis veral prakties met kinders omdat hulle in baie gevalle nie van die hotel se kos hou nie of met ’n bakkie graanvlokkies sit na jy vir die buffet met gerookte salm betaal het.

Om as ’n gesin van vier vir drie aande in ’n restaurant te eet, kan dieselfde kos as ’n week se bestanddele as julle self kosmaak. Of jy vlieg of self ry, pak eetgoed vir die kinders in. Raak weer opgewonder oor die mandjie met padkos en eet jou eie kos eerder as om by ’n wegneemrestaurant te stop. Daar is altyd oulike skaduplekkies buite die restaurant waar jy in veiligheid jou eie kos kan eet en die badkamers kan gebruik.

Probeer ons resep vir Skotse piekniekeiers

Jan Tuisbly se karretjie

Oorweeg dit om hierdie jaar tuis te bly vir die vakansie, maar doen jou beplanning om seker te maak dat jy nie weens ’n skuldige gewete meer geld op die kinders spandeer as wat ’n weggaan-vakansie sou kos nie.

Fyn beplanning is die wagwoord. Beplan vooraf watter vriende jy wil sien, watter interessanthede jy wil doen en plekke wat jy wil besoek. Daar is hope gratis goed wat jy kan doen. Doen ’n soektog “Free things to do in Johannesburg” en vervang jou dorp of stad in die naam. Jy sal aangenaam verras wees met die juweeltjies in jou eie omgewing.

Lees ook: Vakansiewenke vir ouers met jong kinders

Kry ’n begroting

As jy voor die tyd spaar en seker maak jy bly by jou begroting, hoef jy nie agterna in sak en as te sit as jy uitwerk hoeveel jy spandeer het nie. Dis ook goed vir kinders om vooraf deel te wees van die proses. Verduidelik vir hulle wat dinge kos en laat hulle help kies. Dalk moet hulle kies of hulle ’n pizza-aand wil hê of ’n fliek wil gaan kyk. Dan word dit sommer ’n waardevolle lewensles.

Maak jul pizza-aand opwindend en bak self ’n pizza (vir poeding). Klik hier

Sorg hierdie jaar dat goeie beplanning en ’n begroting jou met gemoedsrus laat vakansie hou.

Vir meer wenke oor begroting deur Wonga, besoek moneyacademy.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.