Genoeg vir 6
• 3 aartappels, geskil en halfgaar gekook
• ½ ui, fyn gekap
• 1 knoffelhuisie, fyn gekap
• 170 g chorizo, dun gesny
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 125 ml (½ k) cheddar, gerasper
• 6 groot eiers, liggies geklop
• 30 ml (2 e) melk
• knypie komyn
• knypie paprika
• sout en gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Sny die afgekoelde en halfgaar aartappels in dun skywe.
2 Soteer die ui, knoffel en chorizo in die olyfolie tot goudbruin. Haal van die hitte af en skep uit die pan.
3 Gebruik dieselfde pan en pak die aartappels, chorizomengsel en kaas afwisselend daarin. Eindig met aartappels.
4 Meng die eiers, melk, komyn en paprika. Geur en gooi oor die aartappels. Skud die pan liggies sodat die melkmengsel goed deursyfer.
5 Laat prut stadig vir 5-10 min. oor matige hitte. Sit in die oond sodra die kante begin stol en bak tot gaar en goudkleurig. Druk ’n toetspen in om seker te maak die gereg is deurgaar.