Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
15 ml (1 e) olyfolie
100 g repiesspek, in stukkies gesny
250 g chorizo, in skywe gesny
1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1 rooi soetrissie, wit pitjies en vliesies verwyder en in blokkies gesny
10 ml (2 t) paprika
’n hand vol basiliekruidblare, grof gekap
2 x 400 g-blikkies heel geskilde tamaties
300 g kersietamaties, middeldeur gesny
1 liter (4 k) goeie hoenderaftreksel
500 g penne-pasta
gerasperde parmesaan vir opdiening
Instructions
1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol of pastapot. Braai die spek en chorizo vir 5-6 min. daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant. 2 Braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog 1 min. 3 Voeg die basiliekruid, tamaties, kersie-tamaties en hoenderafreksel by en bring tot kookpunt. 4 Voeg die pasta by en kook vir 10 -12 min. of totdat die pasta al dente is (moenie te lank kook nie). 5 Skep die chorizo en spek terug by die pasta en roer deur. Geur met sout en gemaalde swartpeper. 6 Sit met geras-perde parmesaan voor.