1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol of pastapot. Braai die spek en chorizo vir 5-6 min. daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.Spaanse chorizo-pasta
Ingredients
Instructions
2 Braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog 1 min.
3 Voeg die basiliekruid, tamaties, kersie-tamaties en hoenderafreksel by en bring tot kookpunt.
4 Voeg die pasta by en kook vir 10 -12 min. of totdat die pasta al dente is (moenie te lank kook nie).
5 Skep die chorizo en spek terug by die pasta en roer deur. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
6 Sit met geras-perde parmesaan voor.