Wat is dit grootste kompliment wat jy al gekry het? Dat jy mooi oë het? Mooi atleties gebou is? Mooi aantrek? Baie gewig verloor het?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Een van die heel grootste komplimente wat ek tot nog toe gekry het, was toe ’n blinde seun eendag vir my gesê het ek ismooi. Dit het my voete behoorlik onder my uitgeslaan, want soos dit maar gaan met ons spesie met die oormaat estrogeen, was daardie week een van dáái weke: Té vet, té veel plooie tussen die oë, hare wys ek het té lanklaas ’n salon besoek. Ek het dus alles behalwe mooi gevoel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek was nuuskierig en het die blinde seuntjie gevra wat presies hy bedoel? Hy kan dan nie sien hoe ek lyk nie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sy antwoord was eenvoudig: “Jy klink vir my mooi. Dan is jy mos mooi?”
’n Ruk gelede het daar ’n videogreep op sosiale media die ronde gedoen oor ’n vrou wat na ’n liggaamsboutitel, weer na haar vorige liggaamsvorm teruggekeer het – tot almal se verbasing. Die tema van die video is dat ’n mooi lyf en ’n “mooier” jy jou nie noodwendig ’n gelukkige en vervulde mens maak nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Taryn Brumfitt het met haar video ’n veldtog begin waarin vroue aangemoedig word om hulle liggame te koester – hobbels en rolle en al. Kyk hier na die video:
In ons verligte tye, hoekom swig so baie van ons, veral vroue, steeds onder die druk wat die samelewing op ons plaas om “mooi” en – durf ek dit sê – maer te wees? Wie het bepaal wat mooi is – en dat iets soos maer byvoorbeeld, noodwendig mooi is?
Hoekom is ons selfwaarde so afhanklik van hoe ander ons sien en hoe ons onsself sien in vergelyking met die standaard wat die tydskrifte daarstel?
’n Medeblogger skryf oor haar stryd teen vet – ’n stryd wat sy gewen het deur op die ou end 70 kg af te skud. In een van haar blogs so in die middel van haar stryd, skryf sy: “Gaan ek ewe skielik gelukkig wees met myself, omdat ek by my ideale gewig is? Ek twyfel. Gaan dit al my probleme oplos omdat ek ligter is? Nee dit gaan nie. Maar gaan ek gesonder wees? Vir seker!”
Dit klink vir my na ’n oopkopbenadering. ’n Gesonde liggaam huisves weliswaar ’n gesonde gees, maar ’n gesonde liggaam is nié noodwendig ’n rietskraal een met perfekte naels en hare en grimering nie. ’n Gesonde gees kán sonder die perfekte liggaam bestaan. Ek het soveel vriende wat weens ’n gebrek of operasie of ongeluk nie (meer) aan die standaarde van die “perfekte liggaam” voldoen nie. Maar, met hulle gees en hulle harte skort daar niks. Inderwaarheid is hulle van die aangenaamste mens-mense wat ek ken.
Tog is daar vele verhale wat gedeel word deur mense wat eers oorgewig was en ’n opmerklike sosiale veranderingteenoor hulle ervaar het nadat hulle gewig verloor het.
My initial reaction to this sudden onslaught of warmth, sweetness and gratitude from the world was suspicion that the joke was on me. Since I went from a size 16 to a six, there have been times when I have caught myself irrationally questioning people’s motives, just waiting for the paper snakes to jump out of the can.
My second reaction, after I realized that they weren’t making fun of me but were just being cordial, was to be furious. As a fat person, I had recognized that I was a victim of an unfair, unjust society. But I had never realized how many subtle differences there would be in negotiating the world as a member of the club, a “cool kid,” no longer someone to be, at best, ignored, or, as I so clearly remembered from my high school days, endlessly taunted.
When I thought about it a bit more though, I couldn’t really blame the folks who reached out to me with kindness. It was not their fault that society has so deeply indoctrinated them with the notion that thin equals friend, and fat equals nothing…
Except—wait—I had been something before, too! I had been a writer, an activist, an actress… Why didn’t anyone notice? Why didn’t they care? More importantly, why did they care now?
We live in a society that celebrates and rewards the most ridiculous and arbitrary traits, thinness being way up there on the list. And thinness has its charms, I won’t deny it.
But the thing that has been brought alive to me, so vividly, is how thoroughly our evaluation of a person’s body has become our evaluation of the person. We not only decide that certain body types are less attractive, we marginalize, and sometimes abuse, those who do not conform to our ideal, and we sexualize and consume those who conform too much. We are granted or denied privileges that are frequently lost on us when we have them—privileges that we only recognize when they are lost to us.”
Volgens ‘n studie wat aan die Universiteit van Brits-Colombië gedoen is (Lorenzo, Biesanz, & Human, 2010), wordaantreklike mense “meer akkuraat beoordeel – dit wil sê nader aan die mense se eie selfpersepsie – as minder aantreklike mense, want dit trek mense aan om dieper te kyk as die aanvanklike indruk.
“’People do judge a book by its cover,’ the researchers write, ‘but a beautiful cover prompts a closer reading.’”
Ek vermoed egter die takseer van iemand se menswees op hoe styf sy of haar baadjie sit, kom reeds van kleins af. Daar word van kleuterdae af baie klem geplaas op holistiese prestasie – kinders word nie alleen geprys vir flink denke nie, maar daar is ook ’n groot klem op hoe goed hulle kan klim, klouter en fietsry. Reeds as kleuters is die sportiewe, atletiese, beweeglike kinders meer gewild en word hulle eerste deur hulle maatjies raakgesien en gekies as daar byvoorbeeld speeltyd spanne opgemaak word. Só sosialiseer hulle mekaar dat ’n groter liggaamsvorm moontlik dui op minder sportprestasie.
Stereotipes wat deur ouers oor hulself aan hulle kinders oorgedra word, soos: “Nee, Mamma kan nie so ’n rokkie dra nie, Mamma is té vet!” vorm blywende indrukke.
Dit is hartseer as ’n vyfjarige reeds op so ’n vroeë ouderdom só indoktrineer word dat ’n groter liggaamsbou noodwendigbeperkings op mooi aantrek stel en groter mense dus “lelik” is.
Wat my weer bring by die “wil darem lyk na iets” wat die blogger Jasmine Singer ook hierbo aangeraak het. Hoekom dink ons dat ons slegs “lyk na iets” as ons maer, mooi aangetrek, gegrimeer en opgetof volgens tydskrifstandaarde is?
Dalk moet ons ’n slag met sagter oë na mekaar kyk en die mooi mens binne-in die dop raaksien. Want, dit maak nie saak hoe gekraak of groot of vol kolle so ’n dop is nie, daarbinne woon die kroon van God se skepping.
Die dag wat jy dié ou aardse dop agterlaat, gaan niemand op die begrafnis vertel watter grootte jean jy gedra het nie. Nee, hulle gaan die mens wat jy was besing. Is dit nie dan tyd dat ons mense begin besing en waardeer vir hoe hulle harte lyk terwyl hulle ons nog kan hoor nie?
Ewenteens moet ons ’n slag met sagter oë na onsself kyk. En fokus op wat régtig saak maak. Soos Taryn Brumfitt in haar bewusmakingvideo sê: “Dit het tyd geword dat ons wegdoen met woorde soos ‘aaklig’ en ‘haat’ en lief raak vir ons liggame.”
Bestanddele Jy hoef nie die filo te weef nie, jy kan net velle in…
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Hierdie webwerf gebruik koekies.