kategorieë: Kos

Soutribbetjie

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 1,5 kg skaap- of varkribbetjie, sonder die liesgedeelte
  • 80 ml (1⁄3 k) asyn
  • 30 ml (2 e) koljandersaad
  • 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) sout
  • 3 ml (½ t) salpeter
  • 30 ml (2 e) bruinsuiker
  • gemaalde swartpeper
  • knypie fyn naeltjies
  1. Saag die ribbetjie aan die binnekant twee of drie keer oorlangs deur die bene. Saag kepe sowat 5 cm uitmekaar aan die borskant sodat die gaar rib in porsies gesny kan word.
  2. Sprinkel die asyn oor die vleis – ’n bietjie meer as die vleis baie droog is vanweë verkoeling.
  3. Maak die koljander met ’n vysel fyn en meng met die res van die geurmiddels. Vryf die vleis aan albei kante daarmee in.
  4. Sit vir 2 tot 3 dae in ’n skottel in die yskas en draai twee keer per dag om.
  5. Hang die vleis vir sowat 24 uur op ’n koel, droë plek om droog te word.
  6. Was die vleis deeglik af in koue water om oortollige en droë sout te verwyder.
  7. Sit in ’n groot kastrol met 1 liter water, verhit tot kookpunt en prut vir sowat 2 uur of tot heeltemal sag. Dreineer.
  8. Voorverhit die oond tot 220 °C.
  9. Sprinkel olie oor die ribbetjie en rooster in die oond of oor warm kole totdat albei kante bruin en deurwarm is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.