Genoeg vir 4
- 1,5 kg skaap- of varkribbetjie, sonder die liesgedeelte
- 80 ml (1⁄3 k) asyn
- 30 ml (2 e) koljandersaad
- 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) sout
- 3 ml (½ t) salpeter
- 30 ml (2 e) bruinsuiker
- gemaalde swartpeper
- knypie fyn naeltjies
- Saag die ribbetjie aan die binnekant twee of drie keer oorlangs deur die bene. Saag kepe sowat 5 cm uitmekaar aan die borskant sodat die gaar rib in porsies gesny kan word.
- Sprinkel die asyn oor die vleis – ’n bietjie meer as die vleis baie droog is vanweë verkoeling.
- Maak die koljander met ’n vysel fyn en meng met die res van die geurmiddels. Vryf die vleis aan albei kante daarmee in.
- Sit vir 2 tot 3 dae in ’n skottel in die yskas en draai twee keer per dag om.
- Hang die vleis vir sowat 24 uur op ’n koel, droë plek om droog te word.
- Was die vleis deeglik af in koue water om oortollige en droë sout te verwyder.
- Sit in ’n groot kastrol met 1 liter water, verhit tot kookpunt en prut vir sowat 2 uur of tot heeltemal sag. Dreineer.
- Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Sprinkel olie oor die ribbetjie en rooster in die oond of oor warm kole totdat albei kante bruin en deurwarm is.