1 Meng die botter, roomkaas en meel liggies saam tot glad, maar moenie oorwerk nie, jy moet nog van die roomkaas sien. Bedek met kleefplastiek en laat vir 30 min. in die yskas rus. 2 Voorverhit die oond tot 180 °C. 3 Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik. Sny in blokke van 8 cm x 10 cm. Die afgesnyde kante kan weer uitgerol word, maar moenie die deeg laat warm word nie. 4 Sit op ’n bakplaat en verf met eiergla-seersel (1 eier geklop met bietjie water). Bak vir 15 min. tot goudkleurig en gaar.
Sampioenvulsel
Braai 250 g blokkies spek tot bros. Kap 1 ui en 1 knoffelhuisie fyn en braai saam met 250 g gekapte portobellini-sampioene in 15 ml olyfolie tot sag. Voeg 100 g eksotiese sampioene (soos sjiitake en porcini) en ’n paar salieblare by en braai vir nog 3 min. Geur na smaak met neutmuskaat, sout en peper. Sit ’n deegvierkant op 4 borde, skep van die sampioenvulsel daarop gevolg deur kruieblare en crème fraîche. Sit nog ’n deegvierkant bo-op elkeen en smul.