Rol die blaardeeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit - nie veel dunner as wat dit reeds is nie. Die oppervlak moet glad en die deeg oral ewe dik wees. Sny die deeg met ’n skerp mes in blokkies van 6 cm x 5 cm.
Pak die deegblokkies op ’n bakplaat wat deeglik met kleefwerende kossproei gespuit is. Meng die eiergeel en die melk en verf dit oor die deeg. Laat in die yskas afkoel tot die deeg styf en koud is. Verf nog ’n keer met die eiermengsel. Verlaag die oondtemperatuur tot 190 ºC. Bak vir 10 - 12 min. of tot die deeg goudbruin en gepof is.
Haal uit die oond en laat afkoel. Sny elke deegdoppie met ’n getande mes horisontaal middeldeur.
Meng die mascarponekaas en die bloukaas en geur met swartpeper. Proe eers voordat jy dit met sout geur. Om die tamboesie te vul: Sit ’n paar roketblare op die onderkant van die tamboesie, gevolg deur ’n skeppie kaas, dan die vars vye en sit laastens die “dekseltjie” terug. Sit onmiddellik voor.