• 30 ml (2 e) bruinsuiker
• 280 g (1 k) sout
• 30 ml (2 e) heel koljandersaad, liggies gerooster
• 2 kg heel skaaprib
• 30 ml olyfolie
1 Vryf die gemengde, droë bestanddele in die skaaprib in.
2 Sit die vleis in ’n plastiekskottel en hou oornag in die yskas.
3 Hang die vleis vir ’n dag op ’n koel plek tot dit droog is.
4 Sit die heel rib in ’n groot kastrol, bedek met water en laat vir 2 uur stadig kook tot die vleis sag is.
5 Voorverhit die oond tot 200 °C.
6 Smeer die ribbetjie met olyfolie en rooster vir 10-15 min. in ’n groot oondpan tot goudbruin.
7 Haal uit en sny in stukkies.