Ons het die poeding in ’n diep bak gebak, maar dan val dit effens in. Bak die poeding in ’n platter, 22 cm x 32 cm oondpan vir ’n eweredige (maar net so ’n souserige) poeding.
Sif die meel, amandels, suiker, bakpoeier en 90ml (6 e) van die kakao saam in ’n mengbak.
Voeg die melk, botter, eier en vanielje by en meng goed. Giet die beslag in ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 1 liter.
Meng die res van die kakao en die ekstra bruinsuiker en strooi oor die poeding. Gooi die kookwater oor (jy sal dalk nie al die kookwater gebruik nie - afhangende van hoe diep jou bak is, maar maak seker jy gooi minstens 1 koppie oor).
Bak vir 30-40 min. tot die bokant ferm en gaar is. Let wel, ’n toetspen sal steeds klam uitkom.