Ons het die poeding in ’n diep bak gebak, maar dan val dit effens in. Bak die poeding in ’n platter, 22 cm x 32 cm oondpan vir ’n eweredige (maar net so ’n souserige) poeding.
Souserige sjokoladepoeding
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 60 ml ( 4 e) fyn gemaalde amandels
- 120 ml (½ k) bruinsuiker
- 15 ml (1 e) bakpoeier
- 120 ml (½ k) kakaopoeier
- 250 ml (1 k) melk
- 90 ml (6 e) botter, gesmelt
- 2 eier, liggies geklits
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- 250 ml (1 k) bruinsuiker, ekstra
- 500 ml (2 k) kookwater
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
Instructions
- Sif die meel, amandels, suiker, bakpoeier en 90ml (6 e) van die kakao saam in ’n mengbak.
- Voeg die melk, botter, eier en vanielje by en meng goed. Giet die beslag in ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 1 liter.
- Meng die res van die kakao en die ekstra bruinsuiker en strooi oor die poeding. Gooi die kookwater oor (jy sal dalk nie al die kookwater gebruik nie - afhangende van hoe diep jou bak is, maar maak seker jy gooi minstens 1 koppie oor).
- Bak vir 30-40 min. tot die bokant ferm en gaar is. Let wel, ’n toetspen sal steeds klam uitkom.
Rooi Rose
Lees Meer
Dadelkoek
16/01/2025