kategorieë: VelsorgSkoonheid

Maak-dit-self skoonheidsprodukte

Resepte verskaf deur Karen Doyle van www.faithful-to-nature.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Asynsjampoe vir blink hare

Asyn verwyder opgehoopte vuilheid van jou haarwortels en maak ook jou haarvliesies toe wat dit mooi blink laat lyk en minder laat koek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele
Appelasyn
Koppie water

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Doen dit so
Meng een tot twee eetlepels appelasyn in ’n koppie water, gooi dit bietjie vir bietjie oor jou kop en masseer met jou vingers. Spoel af.

Pssst: gebruik na die tyd ’n klein bietjie olyf- of avokado-olie om jou hare sag te maak. Gebruik jou vingers (of ’n kam as jy een het), en kam die olie deur jou hare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Koffie-gesigmasker

Ideaal vir die oggend na die vorige aand … As jou gesig effens geswel is en jy donker kringe onder jou oë het, is hierdie masker ’n goeie een. Dit maak jou vel stywer, laat die swelsel sak en verminder sirkels onder die oë. Kaffeïen word maklik geabsorbeer en die resultate is byna dadelik sigbaar.

Bestanddele
Kitskoffie
Warm water

Doen dit so
Meng ’n eetlepel kitskoffie met ’n klein bietjie warm water om ’n pasta te vorm. Laat dit afkoel. Wend die masker aan en los dit aan jou gesig vir 20 minute. Jy sal sommer voel hoe jou vel stywer en wakkerder word. Spoel dit af met warm water.

3. Olyf- of kokosneutolie-gesigreiniger

Eerder as om met jou grimering aan te slaap omdat jy niks by jou het nie, probeer hierdie! Dit haal selfs maskara af en jy sal beslis nie jou gasheer of -vrou se kussingslope met grimering besmeer nie.

Bestanddele
’n Waslap
Olyfolie

Doen dit so
Gooi ’n bietjie olyfolie in jou hand (min of meer die grootte van ’n 20 sent stuk), vryf jou hande teen mekaar om die olie warm te maak en masseer dit aan jou gesig. Gebruik stadige, ferm bewegings. Week jou waslap in warm stomende water. Hou dit oor jou gesig tot dit afkoel en vee saggies die olie af. Spoel jou waslap af en herhaal twee tot drie keer. As jou vel styf voel, gebruik ’n klein druppel olie, vryf dit tussen jou klam handpalms en tik dit aan jou klam gesig.

4. Post-tranedal teesakkie-hulp vir pofferige oë

As jou oë baie pofferig lyk as jy wakker word is hierdie ou raat een waarvan jy nie moet vergeet nie.

Bestandele
Twee teesakkies
Kookwater

Doen dit so
Gooi twee teesakkies in ’n koppie met kookwater, laat dit effens trek en druk die water uit. Lê plat en sit ’n tee-sakkie op elke oog en los dit daar vir so 15-20 minute.

Lees ook: Teetydskoonheid: Rooibosresepte vir ‘n stralende vel

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.