kategorieë: DekorDoen dit self

Sorteer jou familiefoto’s tydens die inperking

Sorteer jou familiefoto’s tydens die inperking deur Cornel Dunn. Hooffoto deur Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy dekades se foto’s, skyfies en negatiewe wat in jou huis gestoor word?

Hier is raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het my ouers en my lewensmaat in die laaste dekade verloor en al wat oorbly is die foto’s om jou te herinner aan daardie tye en hoe hulle deel was van jou lewe.

Lees ook: Hoe om jou skoonheidsprodukte reg te pak, weg te pak, en wat om uit te gooi

1. Begin vandag

Kom ons wees eerlik, die kanse is groot dat jou foto-uitsortering reeds lank op jou om-te-doen lysie is.

Nou is die tyd om die takie aan te pak.

Omskep jou foto’s in ’n formaat wat jou in staat sal stel om dit te deel en te vier met ander lede van jou familie.

Indien jy sou uitstel, sal jy binne ’n kort tydjie met ’n al groter wordende projek sit om af te handel.

Lees ook: Gebruik al jou gesigmaskers op tydens die inperking

2. Bring jou foto’s op een plek bymekaar

Maak al jou foto-albums, skoendose ens. bymekaar in een vertrek.

Verkieslik op ’n groot tafel.

Dit is onmoontlik om dit uit te sorteer as alles nie op een plek is nie.

Lees ook: Vaar jou klerekas in en ruk hierdie 10 dinge reg tydens die inperking

3. Sorteer in kategorieë

Sodra jy al jou foto’s bymekaar het, kan jy begin om dit per kategorie uit te sorteer.

Ek kies per jaar, skool- en familiefoto’s elk in hul eie kategorie.

Onthou dat dit nie die tyd is om oor-sentimenteel te wees nie. Indien jy objektief kan wees, sal hierdie projek baie vinniger neem.

Sit die skyfies eenkant vir ’n ander dag. Jy wil nie foto’s dupliseer nie.

Hierdie is die tyd om die oomblik te onthou en nie elke foto wat ooit geneem is nie.

’n Oopkop persoon bêre sowat 100 foto’s per jaar terwyl die sentimentele wese sowat 500 foto’s elke 2 jaar bymekaar maak.

Lees ook: Hoe om positief te bly tydens die inperking en COVID-19-pandemie

4. Skandeer jou foto’s in

Indien jy nie oor die fasiliteite beskik nie, kan jy van ’n aanlyn skandeer-maatskappy gebruik maak sodra die inperking verby is.

Daar is ook nuwe apps op slimfone wat hiervoor bedoel is. Kyk in jou app store wat jou sak en selfoon sal pas.

5. Stoor jou digitale foto’s.

Bewaar jou foto’s op jou rekenaar sowel as op ’n eksterne hardeskyf. Sodoende verloor jy nie sommer hierdie kleinode nie.

6. Geniet jou herinneringe nogmaals

Nou kan jy fotoboeke aanlyn skep wat jou koffietafel en jou hart sal versier. Gaan kyk gerus by 24hourphotobooks.co.za waar jy fotoboeke uit jou foto’s kan skep. Dis ’n lekker manier om jou foto’s uit te stal en jy kan terselfdertyd die foto’s stoor en nuttig maak.

Ek het onlangs by ORMS gaan aanklop vir ‘n koffietafelboek. Ek het gratis sagteware by hulle afgelaai en sonder moeite van die onderskeie template gebruik om my foto’s te laai.

Maak seker dat die foto’s se resolusie hoog genoeg is.

Jy kan heerlik speel met jou foto’s en verskillende tipografieë vir jou projek.

Dit is ’n lekker geskenk vir ’n vriendin of familielid op ’n spesiale verjaardag.

Wat is ’n goeie foto?

  1. ’n Foto is soos ’n skildery. Die sukses hang af van komposisie.
  2. Die foto moet emosie by die persoon wat daarna kyk verwek.
  3. Vertel ’n storie. Iemand wat na die foto kyk moet by jou wil weet wat die storie agter die foto is.
  4. Gebruik ikoniese oomblikke wat jy wil verewig. Die geboortefoto’s van jou kleinkind is ’n goeie voorbeeld.
  5. Unieke oomblikke kan ’n prettige foto van jou en jou vriende of familie vasvang.
  6. Jy is nie ’n professionele fotograaf nie, maar probeer gerus met natuurlike lig en kleur speel.

Inspirasie

Hier is ’n bietjie inspirasie oor hoe om jou foto’s met ‘n sakpas begroting te vertoon.

Gebruik plakpapier om jou foto’s uit te stal.

Hierdie plakkers is by verskeie winkels beskikbaar.

Gebruik iets soos ‘n ou buighout stoel om hierdie ou foto’s uit te stal.

Knipborde is gepas vir hierdie soort uitstalling en jy kan dit telkens verander.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.