Sop 101 – die beste basiese sopresepte Resepte: Vickie de Beer. Hooffoto: Johan Wilke
Aftreksel – die basis van goeie sop
Tuisgemaakte aftreksel is die beste basis vir ’n geurige sop. Die Franse noem dit nie verniet “fond”, wat fondament beteken nie.
Lees ook:
Hoenderaftreksel met hoenderkluitjies
Gebruik hierdie aftreksel ook in roomsoppe
Basiese kragsoppe
Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié soppe val in ’n ander kategorie en word nie in ’n voedselverwerker fyn gemaak of deur ’n sif gesyg nie. Die basis van die sop is gewoonlik “sopgroente”, soortgelyk aan die mirepoix wat op die vorige bladsy beskryf is, met die byvoeging van rape (nie te veel nie), aartappels, tamaties en pietersieliestingels. Daar is meestal vleis in die sop wat saam met die groente in die sop opgedien word. Wees versigtig om dié soppe nie te sout te maak as jy aftrekselblokkies of -poeier in die plek van tuisgemaakte aftreksel gebruik nie.
Lees ook:
Basiese pureesoppe
Ons wys jou hoe om ’n basiese pureesop te maak, PLUS ons gee ’n paar variasies.
Lees ook:
Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies
Geurige tamatiesop met mozzarella
Gebakte aartappel-en-knoffelsop met krakerige aartappelskille
Basiese roomsoppe
Gebruik die roomsop as basiese bestanddeel en vervang net die sampioene met ’n bestanddeel van jou keuse.
Die roomsop is heerlik met ’n ekstra skeppie dik room of crème fraîche en saam met pannekoekstapeltjies. Vervang die helfte van die gewone sampioene deur wilde sampioene soos porcini’s vir ’n spesiale geleentheid.
Lees ook:
Hoenderkerriesop met naanbrood