Sooibrand? Nóóit weer nie! deur Salomé Delport
Met die verskeidenheid sooibrandmiddels op die rakke hoef jy regtig nie hiermee te sukkel nie.
Kies hieruit sodat jy nie sommer weer aan sooibrand ly nie
1. Eet reg
Wyn, koffie, soetgoed en ryk kosse vererger sooibrand. Maar jy kan gewoonlik wegkom deur net kleiner porsies te eet.
2. Selfhelp
Multiforce Alkaline Powder. Die minerale daarin kan help om te veel maagsuur teë te werk. Moenie oordoseer nie.
3. Apteekhulp
Gaviscon. Dit bestaan uit seewierjellie, wat met die maagsuur reageer en ’n lagie vorm wat die maagwand sowat vier uur lank beskerm.
Onthou dat jy Gaviscon minstens twee uur voor of ná ander medikasie moet gebruik omdat dit die doeltreffendheid van die opneem van veral antibiotika en medisyne vir bloeddruk en die skildklier verminder.
4. Doktershulp
Protonpomp-inhibeerders, of PPI’s, wat maagsure neutraliseer. Hulle is bedoel vir chroniese, ernstige sooibrand, maagsere en GERD – nie vir sooibrand ná te veel poeding nie.
Langtermyn-PPI’s het ook nadele, soos dat jou kanse op ’n heupbreuk en longont-steking effens groter is. PPI’s keer dat yster en vitamien B opgeneem word en kan met die opname van bloeddrukmedisyne inmeng.
5. Onthou
Onthou om altyd eers met jou dokter te gesels voordat jy jouself medikeer en om ’n akkurate diagnose te kry.
Lees hier: Tekens van lae vitamien B12-vlakke