kategorieë: VelsorgSkoonheid

Sonslim met sonskerm

Moenie sonskerm vergeet nie

Wend sonskerm aan op jou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sewe teelepels is die hoeveelheid sonskerm wat jy moet aansmeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vakansieskoonheid SOS

Gebrand?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Koel af. ’n Vinnige koue stort met geen seep nie.
  • Bevogtig met ’n room wat geen alkohol of parfuum bevat nie en ook nie ’n oliebasis het nie.
  • Verminder inflammasie deur ’n anti-inflammatoriese pil soos Ibuprofen of asprien te drink.
  • Drink ekstra water sodat jy nie dehidreer nie.
  • Gaan dokter toe as jy erge waterblase het wat ontsteek, of as jy naar of duislig voel.

Wat jy moet weet van chemiese en fisieke blok

Chemiese blok

  • Die vel absorber sonstrale en verander dit in hittestrale.
  • Bied in die algemeen meer beskerming teen UVA- en UVB-strale.
  • Kan vel-allergieë by sensitiewe velle veroorsaak.
  • Dunner, smeer makliker aan
  • Laat nie juis ‘n wit lagie nie.

Fisieke blok

  • Bevat minerale soos titaniumoksied wat jou teen UVB-strale beskerm
  • Superfyn natuurlike metale vorm ’n lagie op jou vel (word nie geabsorbeer nie) sodat die UV-strale nie ou vel kan binnedring nie.
  • Sommige kan ’n wit lagie laat en taai voel maar ’n goeie sonblok behoort dit nie te doen nie.
  • Goed vir die met sensitiewe velle sê dr. Ian Webster, dermatloog.

SBF: Sonbeskermingsfaktor

Hoe lank kan jy in die son wees voor jy brand? Mense met ligte velle kan dalk so 15 min in die son wees (ander minder of meer). Vermenigvuldig dit met die SBF-getal om te weet vir hoe lank jy beskerm is.

Wend elke twee uur weer sonskerm aan, want water en sweet maak die sonskerm minder doeltreffend. Fisieke blok moet na elke swem weer aangewend word.

Wat jy moet weet van UVB en UVA

“Die hoogste SBF wat jy aansmeer is die hoogste beskerming wat jy kry. As jy ’n SBF50-sonroom aansmeer met ’n onderlaag met SBF10 bo-oor, sal dit SBF 50 wees,” verduidelik Kelly Jeferson, produkbestuurder vir velsorg by Genop.

Albei UVB- en UVA-strale kan kanker veroorsaak.

UVB

  • Die golflengte van UVB-strale is korter en dring die ven nie so diep soos UVA-strale binne nie, maar laat ons brand.
  • Ons is gewoontlik meer bewus van die strale, want ons voel hulle.

UVA

  • Die golflengte van UVA-strale, wat ook as “aging rays” bekend staan, is langer en dring die vel dieper binne.
  • Die strale is elke dag om ons, kan deur glas dring en word glad nie deur die osoon gefilter nie.

Nog faktore wat jou vel kan beskadig

Infrarooistrale

  • “Die besluit moet nog gemaak word of infrarooistraling sleg is vir jou of nie, maak ek is seker die bevinding sal wees dat dit nadelig is,” sê dr. Johnathan Smith.
  • Die strale laat jou warm voel en kan van ander bronne soos oonde kom.

Besoedeling

  • “Lugbesoedeling in enige vorm, is sleg vir jou vel en kan vroeë veroudering aanhelp. Die Hoëveld het hoër vlakke van lugbesoedeling as kusdorpe en -stede soos Kaapstad en Durban minder,” sê die Kaapse dermatoloog dr. Ian Webster.
  • Besoedeling verminder die natuurlike anti-oksidante in ons vel..
  • Sonskerm beskerm nie ons vel teen die sort radiasie nie en daarom is dit goed om antioksidanteprodukte te gebruik.

Lees ook: Die gesondheids- en skoonheidsvoordele van rooibos

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.