kategorieë: Blogs

Sonde met die bure

Pas nadat ek voor die rekenaar kom sit, moet ek eers opstaan en die venster toemaak teen die buurhonde se histeriese geblaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Oudergewoonte kyk ek eers straatop en -af om te sien of daar nie dalk dié keer régtig iets is waarteen hulle die buurt waarsku nie. Oudergewoonte sien ek daar is nié.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hulle is bloot aan die gesels, kerm, kla. In skril, onophoudelike toonhoogtes vertel hulle almal wat wil hoor – en veral nié wil nie – dat hulle baas vanoggend kort na sonop werk toe vertrek het. En hulle nooi kort op die baas se hakke. En dus is hulle verveeld. Hulle soek geselskap. Luidkeels en aanhoudend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek weet ek moet eerder nie nou ’n SMS-geselsie aanknoop met die buurvrou met die klein babatjie wat aan die anderkant van die Hondehuis bly nie. Want, na maande en maande se geblaf tussen ons, kan so ’n gesprek nogal handuitruk. Ons psyche mekaar sommer behoorlik op oor die blaffende brakke tussen ons – ek oor ek nie myself kan hoor dink terwyl ek vertaalwerk doen nie, en sy oor haar babadogter se slapies so wreed ontwrig word deur die konstante geblaf.

Dieselfde buurvrou en haar man hét reeds maande gelede in die gees van goeie buurmanskap dit onder die nuwe buurman se aandag gebring dat sy twee huisdiere nogal ’n stoornis veroorsaak as hulle buite die huis te kere gaan. Sy verweer was dat hulle eintlik plaashonde is wat gewoond is aan blaf en dit nooit iemand gesteur het nie. Hulle is self raadop met die beweerde geblaf – “beweerde” want die buurman en sy vrou vermoed ons almal oordryf. Die honde is dan tjoepstil wanneer hulle tuis is?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In dieselfde, dog effens getaande gees van goeie buurmanskap, waai ons nou maar vriendelik op dae dat die man of vrou wel tuis is en hoop dié gebaar stem die honde rustiger op dae dat hulle mense nie tuis is nie. Intussen bestudeer ek gefrustreerd Pavlov se teorieë en die tegnieke waarmee wonderwerker Eugene Marais dit reggekry het om deur ’n venster ’n hoender op die werf te kon hipnotiseer.

Maar, ek moet erken dat die plaasverskoning wel water dra. As pasgetroudes het ek en my man in ’n plaashuisie teen die hange van Wolseley se berge gebly. Ons wittebroodbabatjie was ’n langhaar, bont kat met ’n houding en sy het ’n voorliefde gehad vir naels-skerpmaak teen ons nuwe sitkamerstel. Soos ’n properse kleuter was sy horende doof en mooipraat het glad nie gehelp nie. Ons het dus maar redelik luidkeels dissiplineer die oomblik as kater begin naels inslaan – ons het tog niemand gepla nie.

Na ses maande se getroude lewe trek ons toe Ceres toe na ’n meenthuiskompleks waar jou motorhuismuur die bure se kombuismuur is. Die bokse was skaars uitgepak toe die kat een aand weer met mag en mening die sitkamerbank toetakel. Sonder om te dink gil ek en my bruidegom toe kort op mekaar se hakke. Hy: “Ek gaan jou FOETER!” En ek: “MOENIE!”

Die aand daarna het die dominee kom huisbesoek aflê. Ons is steeds nie seker of dit die jong diaken aan ons regterkant of die ouderlingvrou aan ons linkerkant was wat die nuwe bure se huwelik só probeer beredder het nie.

Mens vergeet dikwels hoe ver klank trek, veral in die vroeë oggendure of saans as die buurt tot ruste kom. Daarvan kan die nuwe intrekkers langs ons seker ook getuig. Onlangs het ’n narcisistiese spreeu soggens al vroeër en vroeër homself in my dogtertjie se kamervenster begin bewonder. Pik-pik-PIK gaan sy snawel al van voor sonop teen haar ruit. Nou een oggend na die kinders skool toe is, gaan bêre ek iets in haar kamer. Pik-pik-PIK gaan dit steeds teen die ruit. Met ’n vaak, dog moordadende gemoed, besluit ek: “Jou bôgger…” En ek stamp die kamerruit oop en skree “WHAAAA!” in die geveerde se selfbewonderende gevreet.

Soos ek die stomgeskrikte spreeu selfvoldaan agternakyk, merk ek die nuwe buurvrou wat haar babaseuntjie loop en sus in hulle tuin. Die baba het natuurlik wawyd wakker geskrik en begin toe huil.

Ek was sedertdien nog té skaam om te gaan kennismaak.

Aan ons hoofslaapkamervenster se kant, het ook nuwe mense ingetrek. Ons het eers vermoed hulle is dalk skrikkerig vir die nuwe huis, want soos die son sak word ál die binneligte én ál die buiteligte aangeskakel. Buiteligte waarvan al die gloeilampe onlangs met helderwit, baie sterk lampies vervang is. Gevolglik lyk die buurhuis ná donker soos ’n ruimteskip. En die ligte skyn dwarsdeur ons blindings en regdeur digte gordyne.

As my man vergeet om snags met slaaptyd handdoeke en dekens met wasgoedpennetjies aan die gordynreëlings vas te klem, lyk ons kamer rondom middernag soos ’n helderverligte laboratorium waarin die ruimteskip langsaan se bewoners hulle eksperimente (seker oor die effek van slapeloosheid op die menseras) kan kom uitvoer.

Maar, ons is nie kermkouse nie en bedags vergeet ons van die spreiligte saans en waai maar vriendelik. En, hoop heimlik die ruimteskip se gloeilampies blaas binnekort.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

2 hours Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 hours Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 hours Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

7 hours Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

7 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.