Vra vir Susra
Wat is die hoofreël as dit by die versorging van jou sonbril kom?
Moet nooit jou sonbril met papierhanddoeke, snesies of servette afdroog of skoonmaak nie. Die papier is wel baie sag op die vel maar die getekstureerde oppervlak daarvan kan maklik jou lense krap. Gebruik liefs ’n mikrovesel-lappie.
Vlieënierstyl
Jy kan steeds nie ’n fout maak met die klassieke vlieënierstyl nie. Dit haal eenvoudig jaar na jaar die modeboeke.
Rond
Hou jy van die style uit die jare sestig? Hier’s jou kans om een van dié ronde sonbrille aan te skaf – dis terug op die rak.
Katoog
Die glansryke sonbrille voeg soveel drama en styl by jou uitrusting dat jy maklik pure rolprentster kan voel.
Wayfarer-styl
Jy sal nie ’n fout maak met ’n Wayfarer nie – die styl pas almal, ongeag ouderdom en voorkoms. En was die Wayfarer-sonbril al ooit uit die mode?