Emma en Ansa sit in die ouetehuis se tuin. Om hulle stoot die lentebolle kop uit. Ansa staar ’n ruk in die verte. Sy prewel eers net vir haarself. Dan draai sy na Emma.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Mamma het in die lente siek geword. Pappa het my in Kaapstad opgespoor. Ek het daardie tyd na die uitjouery baie geswerf. Dit nie op ’n verhoog gewaag nie. Pille en drank was my baas. Ek het bietjie geld gehad en … Ek het genoeg mansgeselskap gehad. Jy weet? Ek was mos … goed opgelei van kleins af. Nooit ware liefde nie. Ja, voor ek geknak het was dit bietjie anders. Op toere. Daar was mans. Ons het gedans en deur wêreldstede gestap. Maar liefde? Nooit die liefde nie. Liefde kan ’n mens seermaak. Dit was beter so.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }***
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }’n Vrou stap in by ’n skemer slaapkamer. ’n Uitvoering van ’n klavierkonsert speel sag oor ’n kasset-speler. ’n Bejaarde vrou lê na die dak en staar. Haar gesig helder op as sy die jonger vrou sien.
“My Ansatjie! Jy het gekom! Kom, sit hier by Mamma. Luister net daar. Dis jy wat daar speel. Pappa het vir my bandjies gemaak.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sy vat-vat na haar dogter se hand.
“Jy het so pragtig gespeel voor … Belowe my jy sal eendag weer speel?
Die musiek is in jou, Ansa. Jy moet net gesond word.”
Die dogter trek haar hand los.
“Noem dit by die naam, Mamma. Ek moet drank en die pille los.”
Die ouer vrou vat weer haar dogter se hand.
“Ek besef dit was nie altyd vir jou maklik nie, maar ek wil hê jy moet weet, Mamma bewonder jou. Jy is dapper. Jy het baklei toe ek nie vir jou baklei het nie.”
Die jonger vrou spring op en gaan staan voor die spieëlkas. Sy bekyk haarself. Dan draai sy na haar ma.
“So, Mamma het geweet? Hoekom? Hoekom het jy my nie gehelp nie?”
Die ma snik sag.
“Ek het gehoop dis jou verbeelding. Dit was makliker so. Makliker …”
***
Emma en die bejaarde Ansa sit steeds op die tuinbankie. Ansa wieg stadig vorentoe en agtertoe. Sy neurie Siembamba. Dan hou sy op.
“My ma het nooit gepraat nie want sy het geglo dit gaan my pa breek. Dit sou die gemeente skeur. So het sy my vertel daardie dag. Sy is toe die volgende dag dood. Ek moes vrede maak. Dis al hoe ek aan my vrede sou kon bou. Dis nie net oor my ma nie, maar ek het moeg geword van swerf. Die keerpunt het kort daarna gekom. Ek het een aand in die Kaap in Woodstock verby ’n kerkie gestap. ’n Regte Happy Clappy kerk. Ek onthou nog, hulle het ‘Ek is gewas deur die bloed van die Lam’ gesing. Ek het deur die venster gekyk. Die mense het ritmies hande geklap. Voor het ’n vrou ’n elektriese orrel gelooi. Haar hoedjie het gewip soos sy speel. Toe, terwyl ek daar staan, onthou ek wat die geloofsgeneser destyds gesê het toe my ma my gevat het om die duiwels uit my te dryf. Hy het gesê God sien my seerkry. Daardie aand in Woodstock wou ek God gaan vra hoekom doen hy nie iets aan my seerkry nie. Maar ek wou nie by die kerkie instap nie. Ek het ure in die strate rondgedwaal. Toe ruik ek dit. Rose. Ek het die reuk gevolg tot by ’n parkie. Toe gaan sit ek op die grond tussen die roosbome. Soos toe ek nog klein was. Ek het gewens Bollens was daar. Maar daar tussen die roosbome het ek en God gesels. Ek het in ’n pastorie grootgeword, maar ek het nog nooit so na aan God gevoel soos daardie aand nie.”
’n Helper bring ’n skinkbord tee. Emma skink vir Ansa tee, maar dit is asof sy in ’n ander wêreld is. Sy prewel voort aan haar monoloog.
“My ma was moedswillig. Selfs na haar dood het sy my probeer manipuleer. Ons ou huisklavier saam my ander erfgoed by my laat aflewer. Ek en die blessidse klavier het mekaar vir weke aangegluur. Toe begin ek droom hoe ek voor die klavier inskuif en speel. Ek het elke nag in my drome voor daardie klavier gesit en speel.
Toe vererg ek my. Ek het voor hom gaan sit en besluit ek gaan hom speel tot die woede uit albei van ons wyk. Ek was soos iemand wat lank dorsgely het. My ma was reg, musiek was altyd in my. Dit was my swaar en my vreugde. Ek het myself gesond gespeel. Al die kwaad uit my uit gespeel. Ek het geweet ek wil weer verhoog toe. Dis snaaks, ek was bang vir die verhoog, maar ek het dit gemis. Toe ek die konsertklavier huur, het die nuus versprei dat ‘mal Ansa Duvenhage’ weer oefen. Die koerante het ’n paar skinderstories geskryf waarin hulle weer die ou skandale opgehaal het. Ek het lam van vrees en opwinding geword toe my ou agent my vra of ek kans sien vir ’n konsert in die Nico Malan. Ek het daardie aand voor die klavier sit en bewe. Ek was beangs. Bang die ou herinneringe kom weer. Toe … toe staan die gehoor op en gee my ’n staande ovasie … nog voor die konsert begin het!”
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Bestanddele 3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…
Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay Om by die…
Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.