Die kind speel klavier in oom Stan se musiekkamer. Hy sit langs haar met sy arm om haar lyfie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Oom Stan? Kan God my tot in die hemel hoor speel?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Hy hoor jou, Grootnooi, Hy hoor elke noot wat jy speel. Dis hoekom jy jou beste moet speel.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die kind hou op speel en kyk na oom Stan.
“Oom Stan? Sien Hy my hier voor die klavier? Kan Hy so ver sien, oom Stan? Deur die gordyne?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Oom Stan staan op en trek die gordyne toe.
***
Harde tienermusiek laat die vensters van die pastorie vibreer. Die ma hamer teen die tiener se kamerdeur.
“Ansa! Trek nou klaar aan! Ons kan nie weer laat by oom Stan aankom nie!”
Die tiener gil ongeduldig op haar ma.
“Ek kommmmm Ma! Jissie Ma kan darem aanhou! Ek sê mos!”
Die tiener ruk die deur oop. Sy het ’n baie kort rompie aan.
“Ag nee man, my kind. Jy kan mos nie met daardie kort rompie na Oom Stan toe gaan nie!”
Die tiener trek die rompie af oor haar bobene om dit langer te laat vertoon.
“Ag Ma moenie so priss wees nie, dis net Oom Stan!”
Die ma prober haar terugstoot in die kamer.
“Jy kan nie soos ’n … Dit lyk goedkoop. Wat gaan hy van jou dink?”
Die tiener lag uit haar keel.
“Toe ek klein was het my kort rompies en sjorts oom Stan nie gepla nie.”
“Maar nou is jy groot. Jy is nou …. Ansa, jy is nou ’n vrou. Oom Stan is … jy behoort respek te toon teenoor hom.”
Die tiener rol haar oë.
“Respek? Natuurlik het ek respek vir oom Stan. Hoe het Pappa nou weer gesê met oom Stan se verjaarsdag? ‘Stanley Viljoen, ’n man wat die jeug van hierdie gemeenskap onder hande geneem het.’”
Die ma gooi haar hande in die lug.
“Ansa, ek weet soms nie wat in jou vaar nie.”
***
Die tiener sit voor oom Stan se klavier. Sy speel ’n klassieke stuk, maar maak baie foute.
“Probeer weer, Ansa, dis nog nie daar nie. Jy sal meer moet oefen. Ek sien jy en jou kêreltjie ry deesdae die hele dorp vol?”
Die tiener hou op speel en kyk uitdagend na oom Stan.
“Oom Stan, dit het niks met my klavierspel te doen nie! Ek oefen!”
“Wel, dis nie meer genoeg nie. Minder vry en meer oefen.”
Die tiener klap die klavier se deksel toe.
“Wat ek in my vrye tyd doen, het niks met Oom te doen nie! Oom is net jaloers!”
Oom Stan maak die deksel weer oop en beduie dat die tiener weer moet speel.
“Ansa, ek probeer jou net beskerm. Jy was van kleins af … te…e ryp vir jou ouderdom … jy weet?”
Die tiener klap weer die deksel toe.
“Bedoel oom as oom die gordyne toegetrek het toe ek nog klein was!?”
Oom Stan staan op en gaan staan by die venster.
“Jy het nog altyd ’n ryk verbeelding gehad, Ansa. Jy onthou goed soos jy dit wil onthou. Jy wil weer jou ouers se harte breek met jou verbeeldingsvlugte.”
Die tiener hamer met haar hande op die klavier.
“Dit was nie my verbeelding nie! Dit het …”
Oom Stan kom staan langs die tiener. Hy prober aan haar skouer vat, maar sy stamp sy hand weg.
“Soos Bollens regtig was? Jy en Bollens het vreeslike goed uitgedink. Avonture en goed? Onthou jy?”
***
’n Motor hou voor die pastorie stil. Die musiek dreun doef-doef deur die buurt. Die tiener hardloop die tuinpaadjie op. Haar ma staan op die stoep vir haar en wag.
“Ansa! Dis vyfuur die oggend! Waar was jy!”
“By Ernst se huis. Ek is moeg, ek wil gaan slaap.”
Sy probeer verby haar ma druk.
“Gaan slaap? Dis al oggend! Jy het my die hele nag wakker gehou. Nou wil jy gaan slaap!”
“Ek is mos nou hier. Ma kan nou gaan slaap.”
“Was Ernst se ouers by die huis?”
Die tiener staan uitdagend voor haar ma.
“As Ma dan nou skielik omgee wat agter geslote deure met my gebeur, nee, Ernst se ouers was nie by die huis nie. En ja, Ernst het met sy hande oor my borste gevryf, hy het my boudjies gesoen. EN my roosknoppie!”
Die ma hou haar hande voor haar oë asof sy die tiener se woorde probeer wegkeer.
“Ansa! Begin jy al weer daarmee? Hou jy daarvan om my te skok?”
Die tiener hou haar vingerpunte teen haar voorkop.
“Skokterapie! Ma weet mos hoe dit werk? Jy neem jou mal dogter psigiater toe en dan skok hulle haar brein. Zzzzzzzzzzzzzz, tot julle dink sy is nou weer reg.
“Daarsy, Mevrou Duvenhage, U dogter is nou weer perfek, net soos U wou gehad het.”
***
Die bejaaarde vrou sit op haar bed in die ouetehuis. Sy luister na klassieke musiek. Die musiek is baie hard. Haar versorger kom by die deur ingestap.
“Tannie Ansa? Tannie Kruger kla oor die radio wat te hard is, kan ek dit bietjie afdraai? Tannie! Die bloed! Wat het Tannie aangevang! Tannie het belowe om nie weer … Matrone Help!”
Die versorger gil om hulp. ’n Suster kom ingehardloop.
***
Die ma staan voor die badkamerdeur. Sy klop, maar maak die deur dadelik oop.
“Ansa! Nee! Kyk die bloed in die badkamer! Weet jy hoe onsteld sal Pappa wees as hy weet jy het weer begin!”
Die tiener sit kaal op die bad se rand. Die bloed loop teen haar arms en bene af.
“Vir wat bars Ma so in? Het ek geen privaatheid nie? Dis nie. Dis die skeermes, ek het my raakgesny. Regtig.”
Sy probeer haarself met die handdoek toehou. Die ma prober die handdoek oplig.
“Laat ek sien wat gaan aan!”
Die ma ruk die handdoek weg.
“Ma het nie die reg nie! Ek haat julle! Julle het geen respek vir my nie! Ek wens ek was dood!”
Die ma staar geskok na haar bloeiende kind.
“Genade, my kind, kyk hoe lyk jy!”
Sy probeer die bloed met ’n waslap afvee. Die tiener ruk los.
“Los my! Moenie maak of Ma omgee nie!”
Die ma probeer steeds om die bloed op te vee.
“Hoe kan jy so wreed wees, natuurlik gee ons om, jy is ons kind!”
“Ja, en my pa preek: God is liefde …”
“Stop dit! Stop dit! Jy is weer deurmekaar. Hou op!”
***
Die bejaarde vrou lê op haar bed. Haar arms is met verbande toegedraai. Haar versorger en die matrone staan langs die bed.
“Rustig nou tannie Ansa …” Ek sal hier by haar sit, Matrone, tot sy slaap.
“Tannie Ansa? Dokter sê dié keer is dit nie nodig vir steke nie. Slaap nou. Die pynstiller sal nou werk. Slaap nou.”
***
Die ma sit langs haar volwasse dogter se hospitaalbed. Sy vryf oor haar dogter se voorkop.
“Slaap nou, Ansatjie. Mamma is hier.”
Die dogter kreun.
“Mamma, julle moes my gelos het.”
“Moenie so praat nie. Jy sal weer beter word.”
Die vrou stoot haar ma se hand weg.
“Ek is nie meer ’n kind nie Ma, ek is dertig. ’n Fokkop, Ma. Ek wil nie meer leef nie, verstaan julle dit nie?”
“Pappa kom nou …”
Die jonger vrou beur regop.
“Die dominee met die mal dogter!”
Die ma prober haar terug druk op die kussings.
“Jy moet rus, my kind. As jy ontslaan word, kom jy huis toe. Dalk kan jy weer begin klavier speel?”
Die jonger vrou beur weer regop.
“Na die fiasko van my laaste konsert? Niemand wil ’n dronk vrou sien klavier speel nie!”
Die ma vryf die dogter se hare plat.
“Ansatjie …”
Die dogter stoot weer haar ma se hand weg.
“Daardie dag toe ek my klavier aan die brand gesteek het, Ma, daardie dag is Ansatjie dood! Hoor Ma my!’
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.