kategorieë: LeesOntspanning

Sonate, hoofstuk 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar staan ’n klein opwenmallemeul langs die kind se bed. As sy dit opwen, speel dit ’n wiegeliedjie en dan dans die perdjies al in die rondte. Elke aand mag Ansa dit net een keer opwen. Dis haar pa se voorskrifte. Hy glo kinders moet hul speelgoed oppas. Maar soms, as haar pa by die kerkkantoor is, sluip sy in haar kamer in en wen dit op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haar ma sit by haar op die bed en hulle luister saam na die deuntjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Kom, Ansatjie. Tyd om te kniel. Daarsy, hier styf langs Mamma.” Die ma vou haar arm om die kind terwyl sy bid.

“Ek is ’n kindjie klein … Mamma, as Jesus kom, gaan ek hel toe?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die ma is merkbaar geskok.

“Natuurlik nie, my hartjie, jy het mos gebid?” Sy streel oor die kind se kop. Die kind vou weer haar handjies voor haar.

“Miskien moet ek vanaand nog net een keertjie bid. Ek is bang Hy hoor my nie.”

Die ma lag en vryf die kind se hare deurmekaar.

“Natuurlik hoor Hy jou. Hy kan alles hoor.”

Die kind vou haar handjies om haar ma se gesig. Sy hou haar gesiggie naby aan haar ma.

“En sien? Mamma, kan Hy alles sien?”

“Alles, my kind.”

“Van daar bo, Mamma? Alliepad tot op die aarde?”

Die ma soen die kind op haar voorkop.

“Alliepad.”

Die kind kniel weer en vou haar handjies voor haar.

“Mamma? Nog net een keertjie bid. Tot my hartjie rein is?”

***

Die bejaarde vrou wen die musiekmallemeule langs haar bed op. Sy sit aandagtig en luister.

Emma, haar versorger, kom in en gaan sit langs haar op die bed.

“Tannie Ansa? Wat is verkeerd?”

Ansa vou haar hande voor haar en prewel ’n gebed.

“Maak my hartjie rein … Mamma? As ek mooi oefen, sal Liewe Jesus bly wees?”

Emma vou haar arm om Ansa se skouers.

“Dis ek, Emma, Tannie. Kom, dis tyd om bietjie te lê. As mens moeg is raak jy deurmekaar.”

Ansa beur regop. Sy wil opstaan.

“Maar ek moet oefen, dan gaan Jesus my vergewe.”

Emma druk haar terug op die bed.

“Ons gaan nie vandag die kop weer laat gaan nie, gehoor? Kyk vir my, Tannie, kyk vir my. Dis Emma.”

Ansa probeer Emma wegdruk.

“Wag, Mamma. Ek is nie klaar geoefen nie. Ons kan nie nou na Oom Stan toe gaan nie, asseblief Mamma.”

Emma streel Ansa se kop.

“Stadig nou, Tannie, raak nou rustig”

Emma staan op en trek die kamer se gordyne toe.

Ansa beur verward regop.

“Maak seblief oop die gordyne, Oom Stan, ek wil sien as Mamma kom. Sy kom vroeg.”

***

Die dogtertjie spring op van die klavierstoeltjie.

“My Mamma! My Mamma! Ek het Oom mos gesê!”

Oom Stan staan ook op en trek die musiekkamer se gordyne oop.

“Ansatjie, Mamma hoef nie te weet jy het nie vandag jou les geken nie. Oom sal niks sê nie, hoor? Ek belowe.”

Hy stap na die deur en maak dit oop.

“Mevrou Duvenhage! U is vroeg! Maar dit is goed, ek het goeie nuus om te deel, né Ansa? Sy het vandag so pragtig gespeel. As sy so aangaan, wen sy Annine in die kunswedstryd!”

Die ma glimlag en druk die dogtertjie teen haar vas.

“Ansa? Hoor jy? Net bietjie harder oefen!”

Oom Stan probeer Ansa se kop streel, maar sy ruk weg.

“Mevrou en Dominee kan so trots wees.”

Die ma neem die musiekboeke op die klavier en pak dit in die kind se musieksak.

“Mamma is so trots, Ansatjie. As jy Annine wen, koop Mamma vir jou ’n regte grootmeisie-fiets.”

Die kind gaan staan voor haar ma. Sy trippel rond van opgewondenheid.

“Regtig Mamma? Dan, dan gaan ek om en om die blok ryk. ’n Rooie, Mamma? ’n Rooie met ’n klokkie.”

Die kind lag opgewonde en die ma stoot haar in die rigting van oom Stan.

“Kom, gee Oom Stan ’n drukkie en sê dankie vir die lekker les.”

Die kind ruk los en hardloop by die deur uit.

“Ansa! Kom groet eers!”

Oom Stan neem die ma aan die elmboog en begelei haar by die deur uit.

“Los maar, Mevrou, ek weet mos hoe skaam is klein meisietjies.” Hy lag. “Dié klein Ansa van julle. En watter verbeelding!”

Die ma rol haar oë.

“Ja, daardie verbeelding … dit gaan nog probleme veroorsaak.”

***

Die bejaarde vrou sit regop in haar bed. Sy glimlag breed as Emma instap.

“Emmatjie! Jy is aan diens! Kom sit hier by my op die bed. Ek lê nou juis en dink aan hoe baie jy soos Bollens is.”

Emma gaan sit langs haar op die bed.

“My gunsteling Tannie! Vertel my? Wie is Bollens?”

Ansa skuif haarself reg vir die storie.

“Die roos-fee se kind.” Sy lag. “My verbeeldingsmaatjie, het my ma haar genoem. Maar ek sê jou, sy was sy regtig, egtig. Ure gespeel tussen my ma se roosbome. Enigste kind, sien? Nie eintlik maats gemaak nie. Bang hulle sien …”

Emma skuif die kussings agter Ansa reg.

“Wat sien? Tannie? “

“Ek kon Bollens alles vertel, Emma. Sy’t geluister. Net soos jy.”

“Dit was seker lekker om so ’n maatjie te hê?”

Ansa sug swaar.

“My ma en pa het niks van Bollens gehou nie. Ek het eenkeer vir die kerk se susters vertel dat ek en Bollens elke dag bessies vir die rose-god offer.” Sy lag weer. “Oe, dit was ’n ding!”

Emma lag saam.

“Toe dog hulle seker Tannie is van de bose?”

“Ja, my kind, van toe af het die susters van die gemeente my skeef aangekyk. ‘Daardie vreemde kind van Dominee,’ het hulle geskinder.”

***

Die ma roep na die kind. Sy stap na die roostuin.

“Ansa! Dis tyd vir kerk! Is jy doof? Die kerkklokke lui hier langs ons en jy sit in die tuin en speel! Ansa? Wat maak jy hier tussen die rose? Ansa! Haal jou hande uit jou broekie!”

Die kind spring op en trek haar rokkie reg. Sy huil.

“Askies Mamma, askies.”

Die ma stof die kind se klere af.

“Roosblare? Hoekom druk jy roosblare in jou broekie? Mamma is nie kwaad nie … e .. dis net ’n snaakse ding wat jy doen?”

Die kind huil harder.

“Dis vir my roosknoppie. Oom… e … Bollens sê ek het ’n roosknoppie in my broekie.”

“Dis waar, my Asjas. Jy het ’n roosknoppie, maar … Ons moet gou ’n skoon broekie gaan aantrek. Pappa hou nie daarvan as ons laat is nie. Hy doop vandag.”

Die kind hou op huil en luister aandagtig na haar ma.

“Dan gaan Pappa weer vertel van die kindertjies en Jesus? En die stoute ooms wat nie die kindertjies moet seermaak nie?”

Die ma frons.

“Nee my ding, daar is nie stoute ooms in die Bybelstorie nie.”

Die kind stamp haar voete en begin weer huil.

“Maar daar is so ’n oom! Bollens sê ook so. Die oom wat kinders seermaak.”

Die ma neem die kind se hand en stap na die huis.

“Jy glo te veel aan Bollens en bogstories, Ansatjie. Jesus pas soet kinders op.”

Die kind ruk haar hand los en gaan staan voor haar ma.

“Maar … Is ek dan stout, Mamma? Hoekom pas Jesus my nie op nie?”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

1 hour Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

2 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

2 hours Gelede

Geroosterde aartappel-en-spek-slaai

Genoeg vir 4.   Bestanddele   6 aartappels, in wiggies gesny sout en gemaalde swartpeper…

2 hours Gelede

Vinnige salmpasta

Genoeg vir 4. Bestanddele   500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…

20 hours Gelede

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.