kategorieë: Wenke

Somerwenke vir jou hare

  1. Maak jou hare nat en wend opknapper aan voordat jy in ’n swembad spring. Die opknapper sal jou haarvliesies vul en sorg dat minder chloor geabsorbeer word.
  2. Beskerm jou hare teen UV-strale (wat dit uitdroog) deur ’n inbly-opknapper aan te wend.
  3. Hou ongetemde haartjies met serum in plek. As jy nie serum byderhand het nie, smeer sommer ’n bietjie handeroom of lipbalsem aan die haartjies.
  4. Fyn hare? Gebruik die souterige seewater tot jou voordeel – dit is wonderlik vir volume en tekstuur. Al is jy nie by die see nie, kan jy steeds die voorkoms kry met ’n stileerproduk wat tekstuur gee.
  5. Pak weg jou haardroër en laat jou hare natuurlik droog word. Son en sout droog reeds jou hare uit en die ekstra hitte van jou haardroër sal dit vererger.
  6. Gebruik bevogtigende sjampoe en opknapper om droë hare teen te werk. Wissel dit met jou gewone sjampoe en opknapper af.
  7. “Gooi een telepel koeksoda by jou eerste sjampoe. Dit help om die olierige sonroom en stileermiddels goed uit jou hare te was. Was, spoel af en was dan weer – die keer sonder die koeksoda),” sê Steven Phillips, haarstilis en eienaar van Absolut Hair, Clairmont, Kaapstad.
  8. Gebruik twee keer per week ’n haarmasker as jy krulhare het; die swem en strandbaljaar sal jou hare meer uitdroog.
  9. Versorg gekleurde hare met ’n sjampoe en opknapper wat kleur beskerm, want die swem en son kan jou kleur vining vaal laat lyk.
  10. As jou hare nat is en jy nie tyd het vir droogblaas of stileer nie, is ’n vlegsel die antwoord. Bonus: slaap met jou vlegsel en word wakker met golwende hare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 haarstyle vir ’n moderne voorkoms

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

10 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

10 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

13 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

15 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

4 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.