1 Sif die meel in ’n mengbak. Vryf die botter in die meel tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die suiker, suurlemoenskil en tiemie by en voeg die melk bietjie vir bietjie by. Dit sal dalk nie nodig wees om al die melk by te voeg nie. Gebruik net genoeg melk om ’n sagte, werkbare deeg te vorm.
Vrugtetert
Soetdeeg (resep hierbo)
3 nektariens, ontpit en in agtstes gesny
3 perskes, ontpit en in agtstes gesny
6 - 8 aarbeie, in kwarte gesny (meer as jy verkies)
60 ml (¼ k) strooisuiker
Eierglaseersel
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Rol twee derdes van die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Gooi die uitgerolde deeg oor ’n 26 cm-tertpan sodat die deeg redelik ver oorhang. 2 Meng al die gesnyde vrugte in ’n mengbak , strooi die suiker oor. Pak die vrugte in die middel van die deeg en vou die kante om die vrugte toe. Verf met eier en bak tot goudbruin - sowat 20 min. 3 Sit voor met dubbeldikroom.