Somervrugtetert

Somervrugtetert deur Vickie de Beer. Foto: Neil Corder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soetdeeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 150 g (178 ml) strooisuiker
  • 450 g (800 ml) bruismeel
  • 75 g (80 ml) botter
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 5 vars tiemietakkies (net die blaartjies)
  • 250 – 275 ml (1 k + 1 e) melk

Vrugtetert

  • soetdeeg (resep hierbo)
  • 3 nektariens, ontpit en in agtstes gesny
  • 3 perskes, ontpit en in agtstes gesny
  • 6 – 8 aarbeie, in kwarte gesny (meer as jy verkies)
  • 60 ml (¼ k) strooisuiker
  • eierglaseersel

Metode

Soetdeeg

  1. Sif die meel in ’n mengbak. Vryf die botter in die meel tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die suiker, suurlemoenskil en tiemie by en voeg die melk bietjie vir bietjie by. Dit sal dalk nie nodig wees om al die melk by te voeg nie. Gebruik net genoeg melk om ’n sagte, werkbare deeg te vorm.

Vrugtetert

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Rol twee derdes van die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Gooi die uitgerolde deeg oor ’n 26 cm-tertpan sodat die deeg redelik ver oorhang
  2. Meng al die gesnyde vrugte in ’n mengbak, strooi die suiker oor. Pak die vrugte in die middel van die deeg en vou die kante om die vrugte toe. Verf met eier en bak tot goudbruin – sowat 20 min.
  3. Sit voor met dubbeldikroom.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Die groot gemis: Hier’s wat jy moet weet as jy sukkel om swanger te raak

Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…

8 hours Gelede

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

9 hours Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

1 day Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

1 day Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

1 day Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.