Somervrugtetert deur Vickie de Beer. Foto: Neil Corder.
Bestanddele
Soetdeeg
- 150 g (178 ml) strooisuiker
- 450 g (800 ml) bruismeel
- 75 g (80 ml) botter
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 5 vars tiemietakkies (net die blaartjies)
- 250 – 275 ml (1 k + 1 e) melk
Vrugtetert
- soetdeeg (resep hierbo)
- 3 nektariens, ontpit en in agtstes gesny
- 3 perskes, ontpit en in agtstes gesny
- 6 – 8 aarbeie, in kwarte gesny (meer as jy verkies)
- 60 ml (¼ k) strooisuiker
- eierglaseersel
Metode
Soetdeeg
- Sif die meel in ’n mengbak. Vryf die botter in die meel tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die suiker, suurlemoenskil en tiemie by en voeg die melk bietjie vir bietjie by. Dit sal dalk nie nodig wees om al die melk by te voeg nie. Gebruik net genoeg melk om ’n sagte, werkbare deeg te vorm.
Vrugtetert
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Rol twee derdes van die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Gooi die uitgerolde deeg oor ’n 26 cm-tertpan sodat die deeg redelik ver oorhang
- Meng al die gesnyde vrugte in ’n mengbak, strooi die suiker oor. Pak die vrugte in die middel van die deeg en vou die kante om die vrugte toe. Verf met eier en bak tot goudbruin – sowat 20 min.
- Sit voor met dubbeldikroom.